Die baarsvisse (Percoidei) vorm die grootste suborde van die orde Baarsagtiges (Perciformes). Hierdie suborde word van ander subordes onderskeie deur die beenelemente in die visse se skedels. By die baarsvisse is hulle nie aan mekaar verbind nie, terwyl dit by die ander Baarsagtiges wel die geval is. Visse uit hierdie suborde het altyd 'n sylyn, die oë is langs die sye geplaas en aan elke sy van die kop het die visse twee neusgate.Baarsvisse volgens aquariumholland.nl

Tot die suborde behoort 79 families, ongeveer 550 genera en meer as 3170 spesies.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Eksterne skakels Percoidei op Animal Diversity Web Percoidei volgens ITIS

Kategorie:Baarsagtiges