Die balkstertplatkop (Platycephalus indicus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Mosselbaai voorkom. Die vis het ook deur die Suezkanaal na die Middellandse See migreer. In Engels staan die vis bekend as die Bartail flathead.

Voorkoms Die vis het 'n lang lyf. Die volwasse vis is bruin of gryskleurig aan die bokant en wit aan die onderkant. Die stertvin is wit of geel met 2 - 3 horisontale swart strepe en word tot 1 m lank.

Habitat Die vis leef in beskutte kuswater en ook in riviermondings in water wat tot 25 m diep is. Hulle vreet garnale, krappe, wurms en vis. Die vis begrawe homself sodat net sy oë uitsteek. Die vis is eetbaar.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Platycephalus-indicus.html

Kategorie:Beenvisse