Die Dikkoppe (Gobiidae) is 'n visfamilie wat tot die orde Perciformes behoort. Hierdie familie het die meeste spesies van enige visfamilie, en omvat 230 genera met ongeveer 1 500 spesies. Een honderd en elf van die spesies word aan die Suid-Afrikaanse kus aangetref. 'n Paar spesies word ook in varswater aangetref.
Kenmerke Die hele familie is klein bodemvisse wat alle moontlike vorms insluit: lank, kort, ovaalvormig met alle moontlike vinkombinasies. Die vorm van die kop sluit ook alle moontlikhede in: plat, breed, gepunt of versonke. Die oë is merendeels aan die bokant van die kop en die familie het geen sylyne nie. Die dorsale vinne bestaan normaalweg uit twee gedeeltes. Die bekkenvinne is naby mekaar en by sekere spesies is hulle aaneengeskakel. Die grootte wissel van 1 – 50 cm; die meeste spesies is kleiner as 8 cm.
Habitat Die familie is kleurryk en wend dit aan om hulself te kamoefleer waar hulle ook al voorkom; getypoele, seegrasbeddings, riviermondings, koraalriwwe, rotsriwwe en sanderige- of rotsbodems tot op 'n diepte van 200 m. Die familie vreet klein skaaldiere, slakke en wurms.
'n Paar van die dikkoppe leef kenmerkend in 'n simbiotiese verhouding met die amper blinde, knypende alpheid garnaal. Die garnaal sal 'n gat grawe en dit onderhou terwyl die dikkop die omgewing dophou en so die garnaal beskerm. Die garnaal hou een antenna op die dikkop, sodra die dikkop gevaar gewaar sal hy met een sweepslag van sy stert terug in die gat gaan en sodoende die garnaal waarsku. Beide seediere leef met hulle maats in die gat.
Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus en riviere voor:
Amblyeleotris Amblyeleotris aurora - Pienkbalk-dikkop Amblyeleotris steinitzi - Steinitzse dikkop Amblyeleotris wheeleri - Mooidikkop
Awaous Awaous aeneofuscus - Varswater-dikkop
Bathygobius Bathygobius coalitus - Witspikkel-dikkop
Bryaninops Bryaninops yongei - Seesambokdikkop
Caffrogobius Caffrogobius caffer - Band-dikkop Caffrogobius gilchristi - Tronk-dikkop Caffrogobius nudiceps - Bles-dikkop
Callogobius Callogobius plumatus - Veer-dikkop
Croilia Croilia mossambica - Grawende dikkop
Cryptocentrus Cryptocentrus malindiensis - Sjokolade-dikkop
Fusigobius Fusigobius inframaculatus - Gevlekte sanddikkop
Glossogobius Glossogobius callidus - Rivier-dikkop Glossogobius giuris - Tenk-dikkop
Gnatholepis Gnatholepis cauerensis - Skouerkoldikkop
Istigobius Istigobius decoratus - Versierde dikkop
Priolepis Priolepis cincta - Bandiet-dikkop
Psammogobius Psammogobius knysnaensis - Sanddikkop
Redigobius Redigobius dewaali - Blokkies-dikkop
Silhouettea Silhouettea sibayi - Sibayi-dikkop
Valenciennea Valenciennea helsdingenii - Spoor-swerwer Valenciennea puellaris - Oranjekoldikkop Valenciennea sexguttata - Leerswerwer Valenciennea strigata - Vlagswerwer
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse