Die Jagielloniese-universiteit (Pools: Uniwersytet Jagielloński, dikwels afgekort as UJ; historiese name: Studium Generale, Universiteit van Krakow, Krakowse Akademie, Die Hoofkroonskool, Hoofskool van Krakau) is in 1364 deur Kasimir die Grote in Kazimierz, 'n distrik van Krakau, gestig.

Dit is die oudste universiteit in Pole, die tweede oudste in Sentraal-Europa en ook een van die oudstes ter wêreld. Sedert 1817 dra Krakow se belangrikste tersiêre instelling die naam "Jagielloniese-universiteit", ter ere van dié beduidende Poolse dinastie.

Bekende studente sluit die sterrekundige Nicolaas Copernicus, Krzysztof Penderecki en pous Johannes Paulus II in.

Kategorie:Poolse universiteite Kategorie:Krakow