Die Dikkoppe en Wurmvisse (Microdesmidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Die familie bestaan uit twee sub-families: Microdesminae Ptereleotrinae

Sub-familie: Microdesminae Kenmerke Die sub-familie staan bekend as die wurmvisse en bestaan uit vyf genera en dertig spesies wat in tropiese en subtropiese water van al die oseane van die wêreld voorkom.

Sub-familie: Ptereleotrinae

Kenmerke Die subfamilie bestaan uit vyf genera en vier en veertig spesies. Twee van die genera en ses van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor. Die grootte wissel van 3 – 12 cm. Die sub-familie is lank en effens plat en was voorheen geklassifiseer onder die familie Gobiidae.

Habitat Die vis leef in getypoele en sanderige bodems naby riwwe en eet soöplankton.

Genera Die volgende genera en spesies kom voor aan die Suid-Afrikaanse kus:

Nemateleotris Nemateleotris magnifica - Vuur-dikkop

Ptereleotris Ptereleotris evides - Skêrstert Ptereleotris heteroptera - Swartstert-dikkop Ptereleotris monoptera - Enkelvin-dikkop Ptereleotris zebra - Zebra-dikkop

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse