Die Platkoppe (Platycephalidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Scorpaeniformes behoort. Daar is ongeveer agttien genera met drie en sestig spesies in hierdie familie. Twaalf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke duimnael|links|Platycephalid. duimnael|links|Papilloculiceps longiceps

Die familie se lyf is lank en die koppe plat en die lyf is bedek met skubbe. Die familie het twee dorsale vinne. Die bekken vinne is agter die pektorale vinne se basis. Die grootte wissel van 12 – 100 cm.

Habitat Die familie leef op sanderige bodems en naby koraalriwwe in water wat tot 300 m diep is en eet hoofsaaklik vis en skaaldiere. Die familie gebruik hul kamoeflerings vermoë om prooi te vang en weg te kruip van ander roofvisse.

Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Cociella Cociella punctata Cociella heemstrai

Papilloculiceps Papilloculiceps longiceps - Madagaskar-platkop

Platycephalus Platycephalus indicus - Balkstertplatkop

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse