Die Geelstreep-bokvis (Mulloidichthys flavolineatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Yellowstripe goatfish.

Voorkoms Die vis se lyf het een tot twee horisontale geel strepe met 'n swart kol op die geel streep onder die dorsale vin. Al die vinne is witterig maar die stertvin is geel. Die vis word 40 cm groot.

Habitat Die vis leef in koraalriwwe en by naburige sand areas tot in water wat 60 m diep is. Hulle vreet snags en wel klein skaaldiere. Die vis word gereeld in groot skole by Sodwanabaai gesien.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel Mulloidichthys flavolineatus by Fishbase.

Kategorie:Beenvisse