Die Soldaatvisse (Holocentridae) is 'n vis-familie van die orde Beryciformes. Die familie het twee subfamilies Myripristinae met vyf genera en Holocentrinae met drie genera. Daar is altesaam sewentig spesies in die familie waarvan agt en twintig aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom.
Kenmerke Die familie se lyf is lank en redelik plat en die oë groot. Die dorsale vin is verdeel in twee en die stertvin is gevurk. Die familie word 7 – 45 cm groot. Hulle vreet bodem skaaldiere, vis en soöplankton. Die familie kan oorleef in akwariums.
Genera duimnael|links|Sargocentron spiniferum
Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Myripristis Myripristis berndti - Grootskub-soldaat Myripristis botche - Bleek soldaat Myripristis chryseres - Geelvin-soldaat Myripristis kuntee - Epoulet soldaat Myripristis murdjan - Vlekoog-soldaat Myripristis violacea - Ruitjies-soldaat Myripristis vittata - Onbevlekte soldaat
Neoniphon Neoniphon sammara - Kolvin-soldaat
Sargocentron Sargocentron caudimaculatum - Stertkol-soldaat Sargocentron diadema - Kroon-soldaat Sargocentron spiniferum - Sabel-soldaat
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse