duimnael|Jack the Ripper was in 1888 in Londen bedrywig. duimnael|'n Polisiefoto van Aileen Wuornos, wat sewe mans in Florida vermoor het.

'n Reeksmoordenaar word gewoonlik gedefinieer as 'n individu wat drie of meer mense oor 'n tydperk van meer as 'n maand vermoor het, met 'n rusperiode (of sogenaamde "afkoelingsperiode") tussenin. Die motivering vir die moorde is dikwels sielkundige bevrediging. Sommige bronne soos die FBI definieer die term as "'n reeks van twee of meer moorde, wat op verskillende geleenthede gepleeg is – gewoonlik, maar nie altyd nie, deur 'n enkele oortreder wat alleen optree". Dikwels is daar 'n seksuele element aan die moorde verbonde, maar volgens die FBI sluit motiverings vir reeksmoorde "toorn, opwinding, profyt en aandag soek" in. Dit is moontlik dat die moorde 'n patroon volg en dat die slagoffers iets gemeen het, soos beroep, ras, voorkoms, geslag of ouderdomsgroep.

Reeksmoordenaars in Afrika Cedric Maake (Wemmer Pan-moordenaar) Daisy de Melker Raya en Sakina Charles Quansah Gert van Rooyen Moses Sithole (ABC-moorde) Sipho Thwala (Wurger van Phoenix) Elias Xitavhudzi (Pangaman)

Reeksmoordenaars in Amerika Albert Fish Aileen Wuornos Arthur Swharcross Dean Corll Dorothea Helen Gray Edmund Kemper Gary Ridgway Henry Lee Lucas Jane Toppan Jeffrey Dahmer John Wayne Gacy Ootis Toole Richard Ramírez Robert Berdella Ted Bundy Velma Barfield William Bonin

Reeksmoordenaars in die Sowjetunie en Rusland Amasonebende Nikolai Dzjoemagalijef Sergei Golofkin Aleksander Pitsjoesjkin Michail Popkof Andrei Tsjikatilo

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels