Die Swartbalk-snellervis (Rhinecanthus aculeatus) is 'n vis wat voorkom in die tropies Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van Kenia tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Picasso triggerfish.

Voorkoms Die vis se kop en lyf is bleek wit en is vol gekleurde strepe, kolle en vlekke. Daar is 'n helder geel streep van die bek na die tot by die pektorale vin se basis. Die vis word tot 30 cm lank.

Habitat Die vis leef in plat areas in riwwe en beskutte sand rots areas. Hy maak sy nes deur op die sy te lê en met die stert op die bodem te klap om 'n holte te maak. Hulle is baie territoriaal en slaap op hulle sye in die nag.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Rhinecanthus-aculeatus.html

Kategorie:Beenvisse