Die Sand-botvisse (Paralichthyidae) is 'n vis-familie van die orde Pleuronectiformes. Daar is sestien genera met 185 spesies in die familie. Drie van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die familie se lywe is uiters plat en ovaalvormig met beide oë aan die linkerkant van die kop. Partykeer is die oë aan die regterkant van die kop. Die familie word 14 – 44 cm groot en is bodembewoners.
Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Pseudorhombus Pseudorhombus arsius -Groottand-botvis Pseudorhombus elevatus Pseudorhombus natalensis
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse