Die Botter- en Dryfvisse (Stromateidae) is 'n vis-familie van die orde Perciformes. Daar is tien genera met minstens veertig spesies in die familie. Elf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie word 20 – 140 cm groot en die onvolwasse vissies word saam met drywende dinge gesien soos jellievisse en seegras. Hulle leef in 10 – 500 m diep water en vermy koue water. Nie al die spesies is eetbaar nie.

Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Schedophilus Schedophilus ovalis - Ovale dryfvis Schedophilus velaini - Swerwer-dryfvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse