iBooks Author is sagteware om e-boeke mee te skryf. Dokumente wat in iBooks Author geskep is kan as ’n PDF-lêer gestoor word of na Apple se iBooks-boekwinkel gepubliseer word. iBooks Author is gratis beskikbaar in die Mac-toepwinkel.

Apple het iBooks Author op 19 Januarie 2012 tydens ’n spesiale onderwys-gefokusde geleentheid in New York Stad bekend gestel. Terselfdertyd het Apple ook iBooks 2 en ’n nuwe kategorie in die iBooks-boekwinkel vir handboeke bekendgestel. Dit is eiendomsagteware en is slegs beskikbaar vir Mac OS X.

Apple beskryf iBooks Author as ’n hulpmiddel vir “opvoeders en kleiner uitgewers om hul eie boeke te skep”. Dokumente wat in iBooks Author geskep is mag slegs teen ’n koste verkoop word indien dit deur Apple aanvaar en versprei word, maar outeurs het steeds die opsie om hul werk elders te versprei indien dit gratis gedoen word. Apple wysig EULA vir iBooks: mask geen aanspraak op inhoud, last outeur toe om elders te versprei. 9to5Mac. URL besoek op 4 Februarie 2012.

Baie Aspekte van ’n dokument insluitend teks, lettertipes, kleure, voor- en agtergrondbeelde, interaktiewe dingesies (widgets) en grafieke, kan in Wusiwuk (Wat u sien is wat u kry)-modus geredigeer word. Inhoudsopgawes en woordelyste kan met ’n mate van outomatisering bestuur word. Die gebruikerskoppelvlak en redigereingseienskappe word beskryf as byna identies aan Apple se Keynote en Pages-produkte.

Apple het sy posisie oor die regte van eboeke wat deur iBooks Author geskep is op 3 Februarie 2012 verduidelik om die kontroversie rondom die uitsluitlike verkoop van die eboeke deur die iBooks-boekwinkel aan te spreek. Hulle het gespesifiseer dat slegs boeke wat die .ibooks-agtervoegsel dra blootgestel is aan sulke beperkings. Apple het ook gespesifiseer dat die gebruik van die sagteware om teks of PDF-lêers te skep binne die gebruikersooreenkoms val. Daar word steeds van uitgewers van boeke wat te koop is in die iBooks-boekwinkel verwag om ’n ISBN te koop maar die verspreiding van gratis boeke het nie dieselfde vereiste nie.

Die uitset van iBooks Author is ’n lêerformaat soortgelyk aan die EPUB-standaard, en is die besitreg van Apple en het uitbreidings wat dit verhoed om universeel leesbaar of wysigbaar te wees as ’n EPUB-dokument. Die formaat gebruik ongedokumenteerde, gepatenteerde XML-naamruimtes en ongedokumenteerde uitbreidings vir CSS.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike tuisblad

Kategorie:Apple Kategorie:Toepassingsagteware