Die Plooibekke (Gerreidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is agt genera met veertig spesies wat hoort tot dié familie en ses van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie se lywe is plat en lang-ovaalvormig en bedek met groot skubbe. Die bek kan afwaarts uitgestrek word. Die grootte wissel van 20 – 37 cm.

Genus Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Gerres Gerres filamentosus - Sweepvin-plooibek Gerres longirostris - Kleinskub-plooibek Gerres macracanthus - Langstraal-plooibek Gerres methueni - Gelykvin-plooibek Gerres oblongus - Langwerpige plooibek Gerres oyena - Slankstekelplooibek

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://www.fishbase.us/summary/FamilySummary.php?ID=326

Kategorie:Beenvisse