4 April is die 94ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (95ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 271 dae in hierdie jaar.
Gebeure duimnael|400px|2023 – Finland sluit by NAVO aan 1139 – Pous Innocentius II begin die tweede Lateraanse Konsilie. 1312 – Pous Clemens V roep op tot 'n nuwe kruistog tydens die konsilie van Vienne. 1477 – Koning Lodewyk XI betaal 100 000 Gulde aan die Switserse Bondgenootskap om 6 000 huursoldate binne die Bondgenootskap te werf. 1553 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word tot biskop gewy. 1581 – Ses maande ná sy wêreldomseiling slaan koningin Elizabeth I van Engeland die ontdekkingsreisiger Francis Drake tot ridder. 1650 – Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI) word biskop van Novara. 1792 – Pous Pius VI publiseer Ubi Communis teen die Franse grondwet. 1814 – Napoleon tree vir die eerste keer af. 1905 – In Kangra, Indië sterf 370 000 mense in 'n aardbewing. 1932 – Alfons Paoli Schwartz keer as laaste Duitse krygsgevangene van die Eerste Wêreldoorlog terug na Duitsland. Hy was op Frans-Guayana geïnterneer. 1939 – Ghazi I, Koning van Irak sterf en word opgevolg deur sy seun Faisal II. Omdat Faisal II nog minderjarig is aanvaar sy oom Abd ul-Ilah die regentskap. 1941 – Die Libiese stad Benghazi word tydens die Tweede Wêreldoorlog deur Duits-Italiaanse pantsereenhede verower. 1945 – Die Duitse stad Nordhausen word tydens 'n Britse bomaanval grotendeels vernietig. Tydens die lugaanval sterf meer as 8 800 mense, hoofsaaklik burgerlikes. 1949 – Die twaalf nasies België, Denemarke, Frankryk, Italië, Kanada, Luxemburg, Nederland, Noorweë, Portugal, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State van Amerika en Ysland teken die Noord-Atlantiese Verdrag en stig die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie. 1968 – Apollo 6 word gelanseer. 1974 – 'n Douglas DC4-vliegtuig van Wenela Air Services stort neer by Francistown-lughawe in Botswana; 78 sterf. 1976 – Prins Sihanouk bedank as leier van Kambodja. 1983 – Ruimtependeltuig Challenger se eerste ruimtetog. 1984 – President Ronald Reagan pleit vir 'n internasionale verbanning van chemiese wapens. 1984 – Die kernreaktor by Koeberg wek vir die eerste keer elektrisiteit op. 2022 – In Suid-Afrika kondig President Cyril Ramaphosa die opheffing aan van die landswye staat van inperking, wat in Maart 2020 as gevolg van die Covid-19-pandemie ingestel is. 2023 – In reaksie op die Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 sluit Finland as 31ste lidland by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie aan.
Geboortes 186 – Caracalla, Romeinse keiser († 217). 1785 – Bettina von Arnim, Duitse skryfster van die Romantiek († 1859). 1878 – Gideon Scheepers, Boerekommandant en heliografis tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1902). 1884 – Isoroku Yamamoto, Japannese vlootkommandeur († 1943). 1889 – Henry Fagan, Suid-Afrikaanse skrywer, politikus, regter en joernalis († 6 Desember 1963). 1906 – Bea Benaderet, Amerikaanse aktrise († 1968). 1924 – Noreen Nash, Amerikaanse aktrise en skryfster († 2023). 1928 – Maya Angelou, Amerikaanse skrywer en digter († 2014). 1928 – Wolfgang von Trips, Duitse motorrenjaer, sterf weens 'n noodlottige ongeluk tydens die 1961 Italiaanse Grand Prix († 1961). 1932 – Andrei Tarkofski, Sowjet-Russiese rolprentregisseur, filmteoretikus, toneel- en operaregisseur († 1986). 1932 – Anthony Perkins, Amerikaanse akteur († 1992). 1935 – Kenneth Mars, Amerikaanse akteur († 2011). 1938 – Hermann Giliomee, Suid-Afrikaanse historikus en akademikus. 1939 – Hugh Masekela, Suid-Afrikaanse trompetspeler († 2018). 1945 – Craig T. Nelson, Amerikaanse akteur "Coach" "The District". 1950 – Christine Lahti, Amerikaanse aktrise. 1952 – Gary Moore, Noord-Ierse blues, blues rock en harde rock musikant († 2011). 1960 – Hugo Weaving, Engelse akteur. 1965 – Robert Downey jr., Amerikaanse akteur. 1970 – Barry Pepper, Kanadese akteur. 1973 – Ernst van Dyk, Suid-Afrikaanse handfietsrenjaer. 1979 – Heath Ledger, Australiese akteur († 2008). 1991 – Jamie Lynn Spears, Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes 896 – Pous Formosus, die 111de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±816). 1284 – Alfonso X, Koning van Kastilië en León (* 1221). 1292 – Pous Nicolaas IV, die 191ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1227). 1588 – Frederik II van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1534). 1617 – John Napier, Skotse wiskundige (* 1550). 1774 – Oliver Goldsmith, Ierse skrywer en dokter (* 1728). 1841 – William Henry Harrison, generaal en negende President van die Verenigde State (* 1773). 1875 – Karl Mauch, Duitse ontdekkingsreisiger van Afrika (* 1837). 1932 – Wilhelm Ostwald, Duitse chemikus en filosoof, Nobelprys-wenner (* 1853). 1968 – Dr. Martin Luther King Jr., burgerregte-aktivis, vermoor in die Lorraine Motel in Memphis, Tennessee, VSA (* 1929). 1981 – Brad Johnson, Amerikaanse akteur (* 1924). 1983 – Gloria Swanson, Amerikaanse aktrise (* 1899). 1984 – Oleg K. Antonow, Sowjet-Russiese vliegtuigontwerper (* 1906). 2021 – Frank Mdlalose, eerste Premier van KwaZulu-Natal (* 1931). 2021 – Tine Balder, Vlaamsgebore aktrise, woon en werk van 1960 in Suid-Afrika (* 1924). 2024 – Hennie Maas, Suid-Afrikaanse omroeper (* 1942).
Vakansies en vierings
Hierdie dag in die geskiedenis: 04-03 | 04-04 | 04-05
Kategorie:April