14 April is die 104de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (105de in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 261 dae in hierdie jaar.
Gebeure 972 – Pous Johannes XIII voltrek die huwelik van keiser Otto II en die Bisantynse prinses Theophano. 1191 – Pous Celestinus III gekroon. 1205 – Die Slag van Adrianopel vind plaas. 1328 – Koning Lodewyk van Beiere set Pous Johannes XXII af en stel Teenpous Nicolaas V aan. 1377 – Bartolomeo Prignano (later Pous Urbanus VI) word aartsbiskop van Bari. 1444 – Francesco della Rovere, later Pous Sixtus IV behaal 'n doktorsgraad in die teologie aan die Universiteit van Padua. 1450 – Slag van Formigny: Franse magte beëindig Engelse oorheersing in die noordelike deel van Frankryk. 1482 – Pous Sixtus IV publiseer die bul Superna Caelestis oor die heiligverklaring van Sint Bonaventure. 1597 – Camillo Borghese (later Pous Paulus V) word biskop van Jesi. 1632 – Slag van Reën: Sweedse magte verslaan die Heilige Romeinse Ryk tydens die Dertigjarige Oorlog. 1739 – Hendrik Swellengrebel, die man na wie Swellendam vernoem is, word goewerneur van die Kaap de Goede Hoop en ook die eerste een wat in die Kaap gebore is. 1828 – Noah Webster registreer die kopiereg op die eerste uitgawe van sy woordeboek. 1865 – John Wilkes Booth vermoor Abraham Lincoln. 1894 – Thomas Edison demonstreer die kinetoskoop. 1912 – Die RMS Titanic tref 'n ysberg op sy eerste vaart en sink geheel-en-al teen 2:20 in die nag. 1931 – Die Cortes, die parlement in Madrid, kondig die tweede Spaanse republiek aan. 1935 – Black Sunday, die ergste sandstorm van die Dust Bowl. 1945 – Tydens 'n Britse lugaanval op die historiese Duitse stad Potsdam sterf tussen 1 000 en 5 000 burgerlikes. 1981 – Die Columbia voltooi sy eerste toetsvlug. 1986 – Die Verenigde State bombardeer Libië in weerwraak teen Libië se ondersteuning van terrorisme teen die Verenigde State. 1991 – Die Verenigde State klop Engeland in die eindstryd met 19–6 en wen sodoende die eerste Vrouerugbywêreldbeker in Wallis. 2004 – Die derde Suid-Afrikaanse volskaalse demokratiese verkiesing vind vreedsaam plaas. 2022 – Die Russiese geleide missielkruiser, die Moskwa sink in die Swartsee, nadat dit deur twee Oekraïense R-360 Neptune-teenskipmissiele getref word. 2025 – Blue Origin lanseer die Blue Origin NS-31 op 'n sub-orbitale ruimtevlugsending met ‘n bemanning van ses vroue.
Geboortes 1629 – Christiaan Huygens, 'n Nederlandse sterrekundige, wiskundige, fisikus en Musiekteoretikus († 1695). 1775 – John Philip, 'n sendeling van die Londense Sendinggenootskap († 1851) 1812 – Sir George Grey, 'n goewerneur van die Kaapkolonie († 1898). 1827 – Augustus Henry Lane-Fox Pitt-Rivers, argeoloog († 1900). 1831 – Friedrich Gerhard Rohlfs, Duitse geograaf en avonturier († 1896). 1874 – Alexander Cambridge, Britse politikus, 16de Goewerneur-generaal van Kanada (1940–1946) en vierde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1924–1930) († 1957). 1886 – Maggie Laubser, Suid-Afrikaanse skilder († 1973). 1891 – Bhimrao Ramji Ambedkar, Indiese politikus († 1956). 1904 – John Gielgud, Britse akteur († 2000). 1906 – Koning Faisel van Saudi-Arabië († 1975). 1925 – Rod Steiger, Amerikaanse akteur († 2002). 1925 – Colin Eglin, Suid-Afrikaanse politikus en leier van die Progressiewe Reformiste Party en Progressiewe Federale Party († 2013). 1929 – Paavo Berglund, Finse dirigent en violis († 2012). 1932 – Loretta Lynn, Amerikaanse country-sanger (s. 2022). 1938 – Duke Stroud, Amerikaanse filmakteur. 1939 – Winnie Rust, Afrikaanse skrywer († 2016). 1941: Julie Christie, Britse aktrise. Pete Rose, Amerikaanse bofbalspeler (s. 2024). 1942 – Valeri Brumel, atleet († 2003). 1942 – Valentin Lebedev, ruimtevaarder. 1945 – Ritchie Blackmore, kitaarspeler. 1951 – Julian Lloyd Webber, musikant. 1957 – Mikhail Pletnev, Russiese pianis, dirigent en komponis. 1958 – Bonginkosi “Blade” Nzimande, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en SAKP-politikus. 1960 – Ian Wessels, Suid-Afrikaanse omroeper op RSG († 2021) 1968 – Anthony Michael Hall, Amerikaanse akteur. 1973 – Adrien Brody, Amerikaanse akteur. 1973 – Anthony Gatto, Amerikaanse jongleur. 1974 – Da Brat, Amerikaanse rapmusikant. 1977 – Sarah Michelle Gellar, Amerikaanse aktrise. 1996 – Abigail Breslin, Amerikaanse aktrise.
Sterftes 911 – Pous Sergius III, 119de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1682 – Awwakoem Petrof, ’n Russiese aartspriester (* 1620) of 1621 1759 – Georg Friedrich Händel, Engelse komponis van Duitse afkoms (* 1685). 1917 – L. L. Zamenhof, ontwikkelaar van Esperanto (* 1859). 1925 – John Singer Sargent, skilder (* 1856). 1935 – Amalie Emmy Noether, wiskundige (* 1882). 1964 – Rachel Carson, Amerikaanse bioloog (* 1907). 1975 – Fredric March, Amerikaanse akteur (* 1897). 1986 – Simone de Beauvoir, Franse feministiese skryfster (* 1908). 1995 – Burl Ives, Amerikaanse sanger en akteur (* 1909). 1999 – Anthony Newley, Engelse sanger en akteur (* 1931). 2001 – Hiroshi Teshigahara, Japannese regisseur (* 1927). 2010 – Miems de Bruyn, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1922). 2013 – Colin Davis, Britse dirigent (* 1927). 2015 – Percy Sledge Amerikaanse sanger (* 1940). 2018 – Colin Bland, Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1938). 2020 – Paul Bayvel, Springbokrugby speler (* 1949). 2021 – Bernard Madoff, Amerikaanse beleggingsadviseur, finansier, gevonnisde bedrieër (* 1938).
Vakansie- en feesdae Feesdag van Sint Pudens in die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:April