18 April is die 108ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (109de in skrikkeljare). Daar volg nog 257 dae in die res van die jaar.

Gebeure 309 of 310 – Pous Eusebius volg Pous Marcellus I op as hoof van die Rooms-Katolieke Kerk. 796 – Koning Æthelred I van Northumbrië word deur Angelsaksiese adellikes (ealdorman) vermoor. 1378 – Pous Urbanus VI volg Pous Gregorius XI op as hoof van die Rooms-Katolieke Kerk. 1506 – Pous Julius II lê die eerste steen tydens die herbou van die Sint-Pietersbasiliek in Rome. 1591 – Pous Gregorius XIV beveel dat vergoeding betaal moet word aan inwoners van die Filippyne wat as slawe gevang is en dat alle slawe dadelik bevry moet word. 1655 – Pous Alexander VII word in Rome gekroon deur kardinaal Teodoro Trivulzio. 1832 – 12000 mense woon die hoeksteenlegging van die eerste kerkgebou van die latere NG gemeente Tamboerskloof by. 1906 – Die San Francisco-aardbewing verwoes die stad San Francisco in die Amerikaanse deel-staat Kalifornië. 1909 – Jeanne d'Arc / Johanna van Arkel word in Rome salig verklaar. 1929 – Die Paleis voor Volksvlijt in Amsterdam word deur ´n groot brand verwoes. 1942 – Tydens die Tweede Wêreldoorlog vind die Doolittle-aanval op Japan plaas waartydens Tokio vir die eerste keer deur Amerikaanse B-25-bomwerpers gebombardeer word. 1942 – Pierre Laval word Eerste Minister van Frankryk 1943 – Die Japannese admiraal Isoroku Yamamoto sterf toe sy vliegtuig tydens Operasie Vengeance neergeskiet word. 1945 – Meer as 'n duisend Geallieerde bomwerpers val die Duitse eiland Helgoland aan. 1945 – Die Duitse stad Leipzig word tydens die Tweede Wêreldoorlog deur eenhede van die Amerikaanse Weermag verower. Hulle rig hulle hoofkwartier in in die Hotel Fürstenhof. 1946 – Die ná die Eerste Wêreldoorlog gestigte Volkebond word ontbind en met die ná die Tweede Wêreldoorlog gestigte Verenigde Nasies vervang. 1947 – Die Britse Vloot ontplof 6800 ton plofstof op die Duitse eiland Helgoland. 1947 – Mev. Ples word deur Robert Broom en John T. Robinson gevind. 1949 – Die nuwe Ierse republiek Eire/Erin verbreek sy bande met het Britse Gemenebes. 1954 – Gamal Abdel Nasser word president van Egipte. 1972 – Die Roland Korporasie gestig in Osaka. 1974 – Italiaanse aanklaer Mario Sossi word deur die Brigate Rosse (Rooi Brigade) ontvoer. 1976 - Drie Suid-Afrikaanse toeriste word doodgeskiet op die hoofweg tussen Beitbrug en Fort Victoria in Rhodesië. 1980 – Republiek van Zimbabwe (voorheen Rhodesië) gestig. Canaan Banana word die eerste president van die nuwe staat en Robert Mugabe die Eerste Minister. 1983 – 'n Selfmoordaanvaller vernietig die VSA-ambassade in Beiroet, Libanon. 63 mense sterf tydens die aanval. 1988 – Die VSA val Iranse olieplatforms en skepe in die Persiese Golf aan, in reaksie op Iran se opstel van seemyne in die Golf. 1989 – Die Tiananmenpleinproteste van 1989 begin. 1994 – Die Wes-Indiër Brian Lara teken 375 aan in 'n toetskrieketwedstrydbeurt, en verbeter so op Garfield Sobers se vorige rekord van 365. 1996 – 18 toeriste word gedood en 15 gewond tydens 'n bomaanslag by die piramides van Gizeh in Egipte. 2002 – 'n Nuwe orde van insekte, Mantophasmatodea, word aangekondig. 2014 – Ontdekking van die eksoplaneet Kepler-186f.

Geboortes 359 – Gratianus, Romeinse keiser († 383). 1590 – Ahmet I, sultan van die Ottomaanse Ryk († 1617). 1882 – Leopold Stokowski, Britse dirigent († 1977). 1685 – Jacques-Pierre de Taffanel de La Jonquière, Franse vlootoffisier en goewerneur van die kolonie Nieu-Frankryk in Noord-Amerika († 1752). 1904 – Pigmeat Markham, Amerikaanse akteur en regisseur († 1981). 1918 – Gabriel Axel, Deense filmregisseur († 2014). 1922 – Barbara Hale, Amerikaanse aktrise († 2017). 1941 – Michael D. Higgins, Ierse politikus en negende president van die Republiek Ierland. 1946 – Hayley Mills, Britse aktrise. 1947 – James Woods, Amerikaanse akteur. 1954 – Rick Moranis, Kanadese komediant. 1963 – Conan O'Brien, Amerikaanse komediant. 1988 – Cornal Hendricks, Suid-Afrikaanse rugbyspeler († 2025).

Sterftes 1873 – Justus von Liebig, Duitse chemikus (* 1803). 1955 – Albert Einstein, Duits-Switsers-Amerikaanse teoretiese fisikus, uitvinder en ontvanger van 1921 se Nobelprys vir Fisika (* 1879). 1995 – Marthinus Versfeld, Suid-Afrikaanse filosoof (* 1909). 1996 – Piet Hein, Deense wetenskaplike, wiskundige, uitvinder, skrywer en digter (* 1905). 1998 – Stoffel Botha, Suid-Afrikaanse politikus, en minister van binnelandse sake (* 1929). 2002 – Thor Heyerdahl, Noorse volkekundige en ontdekkingsreisiger (* 1914).

Vakansies en vierings Zimbabwe - Onafhanklikheidsdag

Kategorie:April