17 April is die 107de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (108ste in skrikkeljare). Daar volg nog 258 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1447 – Pous Nicolaas V stel Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II) aan as biskop van Trieste. 1492 – Christophorus Columbus teken 'n kontrak met Spanje om na Asië te seil vir speserye. 1521 – Martin Luther word ge-ekskommunikeer. 1524 – Giovanni da Verrazano bereik New York-hawe. 1594 – Pous Clemens VIII verklaar St. Hyacinth heilig. 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Virginië skei af van die VSA. 1895 – Die Eerste Chinees-Japannese Oorlog kom tot 'n einde. 1924 – Die Metro-Goldwyn-Mayer-ateljee word geopen. 1941 – Joego-Slawië gee oor aan Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog. 1946 – Sirië word van Frankryk onafhanklik. 1961 – Die Bay of Pigs-inval van Kuba begin. 1964 – Ford-motormaatskappy onthul die Mustang-motorvoertuig. 1969 – Sirhan Sirhan word gevonnis vir die sluipmoord op Robert F. Kennedy. 1969 – Die voorsitter van die Kommuniste-party in Tsjeggo-Slowakye, Alexander Dubcek, word ontslaan. 1970 – Die Apollo 13-ruimtetuig keer veilig terug aarde toe, na 'n suurstoflekkasie aanboord. 1975 – Die Khmer Rouge neem Kambodja oor. 1992 – Joego-Slawië erken die onafhanklikheid van Bosnië-Herzegowina. 2001 – Dwaalboeke kom tot stand met die loodsing van BookCrossing.com

Geboortes 1598 – Giovanni Battista Riccioli, Italiaanse astronoom en 'n Katolieke priester († 1671). 1837 – J.P. Morgan, finansier, kunsversamelaar, filantroop († 1913). 1882 – Artur Schnabel, Oostenrykse pianis († 1951). 1885 – Isak Dinesen, skrywer († 1962). 1893 – Irene Castle, danseres († 1969). 1894 – Nikita Chroesjtsjof, Russiese politikus en partyleier († 1971). 1897 – Thornton Wilder, Amerikaanse skrywer en wenner van Pulitzerprys vir Fiksie († 1975). 1903 – Morgan Taylor, atleet. 1915 – Joe Foss, soldaat, politikus(† 2003). 1918 – William Holden, Amerikaanse akteur († 1981). 1923 – Lindsay Anderson, regisseur († 1994). 1923 – Harry Reasoner, joernalis († 1991). 1927 – Margot Honecker, Duitse politikus († 2016). 1929 – James Last, musikant. 1940 – Anja Silja, sopraan. 1948 – Jan Hammer, komponis. 1951 – Olivia Hussey, Engelse aktrise († 2024). 1954 – Blackbyrd McKnight, musikant (P Funk). 1954 – Riccardo Patrese, Italiaanse Formule Eenrenjaer. 1957 – Nick Hornby, skrywer. 1967 – Liz Phair, musikant. 1972 – Jennifer Garner, Amerikaanse aktrise. 1974 – Victoria Beckham, Engelse popsangeres. 1983 – Emad Mostaque, Brits-Bangladesjiese sakebestuurder en kunsmatige intelligensie entrepreneur. 1984 – Rosanna Davison, Ierse aktrise, sanger, model en Mej Wêreld 2003. 1985 – Rooney Mara, Amerikaanse aktrise. 1986 – Romain Grosjean, Franse oud-Formule Eenrenjaer. 1991 – Tessa James, Australiese aktrise. 1996 – Lorna Fitzgerald, Engelse aktrise.

Sterftes 858 – Pous Benedictus III, die 104de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1695 – Juana Inés de la Cruz, Meksikaanse digteres. 1790 – Benjamin Franklin, Amerikaanse politikus en wetenskaplike (* 1706). 1892 – Alexander Mackenzie, Kanadese bouaannemer, koerantuitgewer en staatsman, Eerste Minister van Kanada (* 1822). 1929 – Sir Thomas Smartt, leier van die Unionisteparty en Britse kabinetsminister (* 1858). 1948 – Kantarō Suzuki, Japannese politikus en eerste minister ten tyde van Japan se oorgawe (* 1868). 1968 – Mikro (skuilnaam van Christoffel Hermanus Kühn), Afrikaanse skrywer (* 1903). 1986 – Marcel Dassault, stigter van die voorloper van die Franse vliegtuigvervaardiger Dassault Aviation (* 1892). 2014 – Gabriel García Márquez, Colombiaanse skrywer (* 1927). 2016 – Ann Nosworthy, Suid-Afrikaanse olieverfskilder (* 1927).

Vakansies, vierings en gedenkdae Feesdag van Pous Anicetus van die Rooms-Katolieke Kerk. Feesdag van Pous Aleksander I van Alexandrië volgens die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:April