Die jaar 1975 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 75ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure Januarie – Die begin van die era mikrorekenaars breek aan met die onthulling van die Altair 8800-rekenaar. Die Eerste Minister van Suid-Afrika, John Vorster, bring ’n staatsbesoek aan Paraguay en Uruguay. Die Khmer Rouge neem Kambodja oor. Stigting van die beroemde 32-Bataljon van die Suid-Afrikaanse Weermag. 1 Januarie – Malawi verander sy hoofstad van Zomba na Lilongwe. 13 Februarie – ’n Brand breek uit in die Wêreldhandelsentrum in New York Stad, Amerika. 1 Maart – Kleurtelevisie-uitsendings begin in Australië. 8 Maart – Die Verenigde nasies (VN) proklameer Internasionale Vrouedag. 14 Maart – Die Suid-Afrikaner John van Reenen stel 'n nuwe wêreldrekord op in diskusgooi. 21 April – Die president van Suid-Viëtnam, Nguyen Van Thieu, vlug uit Saigon, terwyl Xuan Loc val tydens die Viëtnamoorlog. 24 April – Die Rote Armee Fraktion blaas die Wes-Duitse ambassade in Stockholm op. 29 April - Die konsulaat van Israel in Johannesburg word beset. 30 April – Noord-Viëtnamese troepe verower Saigon en beëindig die Viëtnamoorlog. 5 Mei – Die Busch Gardens Williamsburg-temapark open in Virginië, Amerika. 16 Mei – Junko Tabei is die eerste vrou om die bergpiek van Everest te bereik. 30 Mei – Die Europese Ruimtevaartorganisasie word amptelik gestig. 7–21 Junie – Die eerste Krieketwêreldbeker word in Engeland aangebied en deur Wes-Indië gewen. 14 Junie – Russiese Wenera-ruimteprogram: Wenera 10 word lanseer. 25 Junie – Mosambiek verkry onafhanklikheid van Portugal. 5 Julie – Kaap Verde word van Portugal onafhanklik. 5 Julie – Arthur Ashe verslaan Jimmy Conners in die 89ste Wimbledon tenniskampioenskap. 6 Julie – Die Comore-eilande kry sy onafhanklikheid van Frankryk. 12 Julie – São Tomé en Príncipe word van Portugal onafhanklik. 12 Augustus – John Walker slaag daarin om die eerste Supermyl te hardloop; die myl in 3:49:4. 16 September – Papoea-Nieu-Guinee verkry onafhanklikheid van Australië. 11 November – Angola word van Portugal onafhanklik. 25 November – Suriname word van Nederland onafhanklik. 26 November – Riaan Cruywagen lees sy eerste Afrikaanse nuusbulletin op SAUK-televisie. 10 Desember – Andrei Sacharof wen die Nobelprys vir Vrede. Die prys word deur sy vrou Yelena Bonner namens hom aanvaar. 23 Desember - 'n Alouette III-helikopter van die Suid-Afrikaanse Lugmag stort neer naby Cashel in Rhodesië. Vier Rhodesiese weermagoffisiere en 'n Suid-Afrikaanse Lugmag vlugtegnikus sterf. 29 Desember – ’n Bomontploffing op die LaGuardia-lughawe in New York eis die lewe van 11 mense.

Wêreldbevolking Wêreldbevolking197519701980 Wêreld4,068,109,0003,692,492,00010px 375,617,0004,434,682,00010px 366,573,000 Afrika408,160,000357,283,00010px 50,877,000469,618,00110px 61,458,000 Asië2,397,512,0002,143,118,00010px 254,394,0002,632,335,00010px 234,823,000 Europa675,542,000655,855,00010px 19,687,000692,431,00010px 16,889,000Latyns-Amerika321,906,000284,856,00010px 37,050,000361,401,00010px 39,495,000 Noord-Amerika243,425,000231,937,00010px 11,488,000256,068,00010px 12,643,000 Oseanië21,564,00019,443,00010px 2,121,00022,828,00010px 1,264,000

Geboortes duimnael|Angelina Jolie duimnael|Charlize Theron in 2008 duimnael|Tiger Woods 2 Januarie – Dax Shepard, Amerikaanse akteur. 9 Januarie – André Vos, Suid-Afrika se nege-en-veertigste Springbokkaptein. 15 Januarie – Sophie Wilmès, Belgiese politikus (eerste minister). 20 Januarie – Zac Goldsmith, konserwatiewe Britse politikus. 22 Februarie – Drew Barrymore, Amerikaanse aktrise. 26 Februarie – Tunde Adebimpe, Amerikaanse akteur. 11 Maart – Buvaisar Saitiev, Russiese stoeier van Tsjetsjeense afkoms. 16 Maart – Oksana Fadeyeva Russiese tafeltennisspeler. 21 Maart – Corné Krige, Suid-Afrika se ses-en-veertigste Springbokkaptein. 24 Maart – Thomas Johansson, Sweedse tennisspeler. 28 Maart – Shanna Moakler, Amerikaanse aktrise. 30 Maart – Sebastian Bieniek, Pools-Duitse filmdirekteur, kunsskilder, fotograaf († 2022). 7 April – Karin Dreijer Andersson, Sweedse musikant en sangeres. 10 April – David Harbour, Amerikaanse akteur. 1 Mei – Neil Sandilands, Afrikaanse akteur en musikant/sanger. 2 Mei – David Beckham, Engelse sokkerspeler. 9 Mei – Antoinette Louw, Suid-Afrikaanse aktrise. 12 Mei – Jonah Lomu, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2015). 25 Mei – Keiko Fujimori, Peruaanse politikus en administrateur. 27 Mei – Jamie Oliver, Engelse meestersjef, restaurateur en mediapersoonlikheid. 1 Junie – Frauke Petry, Duitse politikus. 4 Junie – Angelina Jolie, Amerikaanse aktrise. 11 Junie – Denis Matsuev, Russiese pianis. 19 Junie – Annake de Villiers, Suid-Afrikaanse violis († 2012). 27 Junie – Tobey Maguire, Amerikaanse akteur. 30 Junie – Ralf Schumacher, Duitse voormalige Formule Een-beroepsrenjaer. 2 Julie – Stefan Terblanche, Springbokrugbyspeler. 5 Julie – Hernán Crespo, Argentynse sokkerspeler. 6 Julie – Curtis Jackson, Amerikaanse kletsrymkunstenaar (50 Cent). 16 Julie – Tim Guest, Britse skrywer en joernalis († 2009). 17 Julie – Terence Tao, Australies-Amerikaanse wiskundige. 26 Julie – Liz Truss, voormalige Eerste minister van die Verenigde Koninkryk. 28 Julie – Nic Stevens, Afrikaanse sanger, lid van Broers musiekgroep. 7 Augustus – Charlize Theron, Suid-Afrikaanse internasionale rolprentaktrise. 11 Augustus – Asma Fawaz al-Assad, Eerste dame van Sirië. 12 Augustus – Casey Affleck, Academy- en Golden Globe-genomineerde Amerikaanse akteur. 1 September – Maryana Iskander, uitvoerende hoof van die Wikimedia-stigting sedert 5 Januarie 2022. 9 September – Michael Bublé, Kanadese sanger-liedjieskrywer en akteur. 20 September – Juan Pablo Montoya, Colombiaanse Formule Eenrenjaer. 5 Oktober – Kate Winslet, Engelse aktrise en rolprentster in Titanic. 16 Oktober – Jacques Kallis, Suid-Afrikaanse krieketspeler. 6 November – Charné Bosman, Suid-Afrikaanse langafstand- en maratonatleet. 14 November – Travis Barker, Amerikaanse tromspeler, akteur en komponis. 21 November – Erlend Øye, Noorse musikant. 23 Desember – Yasmin Levy, Israeliese sanger-liedjieskrywer van Judeo-Spaanse musiek. 30 Desember – Tiger Woods, Amerikaanse beroepsgholfspeler.

Sterftes 10 Januarie – Anna Petronella van Heerden, eerste Afrikanervrou wat as mediese dokter kwalifiseer (* 1887). 21 Januarie – Pieter van der Byl, Suid-Afrikaanse kabinetsminister van die Verenigde Party (* 1889). 13 Februarie – André Beaufre, Franse leëroffisier en militêre strateeg (* 1902). 13 Maart – Ivo Andrić, Joego-Slawiese (Serwiese) skrywer en wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 1961 (* 1892). 25 Maart – Koning Faisel van Saudi-Arabië (* 1906). 5 April – Chiang Kai-shek, president van die Republiek China (Taiwan) (* 1887). 10 April – Walker Evans, Amerikaanse fotograaf (* 1903). 10 April – Marjorie Main, Amerikaanse aktrise (* 1890). 14 April – Fredric March, Amerikaanse akteur (* 1897). 23 April – William Hartnell, Britse akteur (* 1908). 4 Mei – Moe Howard, Amerikaanse akteur en komediant (The Three Stooges) (* 1897). 22 Mei – Sarah Goldblatt, Suid-Afrikaanse joernalis en onderwyser (* 1889). 3 Junie – Eisaku Satō, Japannese premier (* 1901). 19 Junie – Dr. Abel Coetzee, Afrikaanse skrywer, digter, lektor en eindredakteur (* 1906). 4 Julie – Hugues C. Pernath, Vlaamse skrywer (* 1931). 5 Julie – Otto Skorzeny, Duitse Waffen-SS spesiale operasies kenner (* 1908). 1 Augustus – Vivian Frederick Maynard FitzSimons, Suid-Afrikaanse herpetoloog (* 1901). 9 Augustus – Dmitri Sjostakovitsj, Russiese komponis (* 1906). 13 Augustus – Eva Speyer, Duitse aktrise (* 1882). 15 Augustus – Sheikh Mujibur Rahman, Eerste Minister van Bangladesj in die vroeë 1970's (* 1920). 22 Augustus – Lancelot Hogben, Britse eksperimentele dierkundige en mediese statistikus (* 1895). 7 September – M.E.R., Afrikaanse skrywer (* 1875). 10 September – Hans Swarowsky, Oostenrykse dirigent (* 1899). 15 September – Antoine Abed, aartsbiskop van die Maroniet-Katolieke kerk in Tripoli, Libanon (* 1896). 19 September – Pamela Brown, Engelse aktrise (* 1917). 6 November – Annette Kellermann, Australiese aktrise (* 1886). 20 November – Francisco Franco, Spaanse militêre leier wat Spanje van 1939 tot sy dood as 'n diktator regeer het (* 1892). 29 November – Graham Hill, Britse F1-renjaer en tweemalige wêreldkampioen (* 1929). 4 Desember – Hannah Arendt, Duitse politieke teoretikus (* 1906). 7 Desember – Hardie Albright, Amerikaanse akteur (* 1903). 7 Desember – Thornton Wilder, Amerikaanse dramaturg en wenner van Pulitzerprys vir Fiksie († 1897). 13 Desember – Alexis Preller, Suid-Afrikaanse skilder (* 1911). 23 Desember – Chen Pao-pei, Olimpiese vrouetafeltennisspeler uit Taiwan († 1975).

Kategorie:20ste eeu