15 April is die 105de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (106de in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 260 dae in hierdie jaar.
Gebeure 73 – Die Romeine verower Massada. 1191 – Pous Celestinus III kroon Hendrik VI en sy vrou Constance van Sisilië tot keiser en keiserin van die Heilige Romeinse Ryk. 1369 – Pous Urbanus V verklaar sy peetvader Elzéar de Sabran heilig. 1450 – Slag van Formigny: Franse magte beëindig Engelse oorheersing in die noordelike deel van Frankryk, wat die einde van die Honderdjarige Oorlog inlui. 1523 – Pous Adrianus VI dwing koning Frans I tot 'n wapenstilstand met keiser Karel V. 1552 – Die konsilie van Trente verdaag vir die tweede keer. 1632 – Slag van Rain am Lech: Sweedse magte onder koning Gustav II Adolf verslaan die Heilige Romeinse Ryk tydens die Dertigjarige Oorlog. 1668 – Pous Clemens IX verklaar Rose van Lima salig. 1709 – Pous Clemens XI stel Ulisse Giuseppe Gozzadini, titulêr aartsbiskop van Teodosia en Antonio Francesco Sanvitale, aartsbiskop van Urbino, aan as kardinale. 1738 – Premiere in Londen van Serse, 'n Italiaanse opera deur George Frideric Handel. 1776 – Pous Pius VI stel Luigi Valenti Gonzaga, titulêr aartsbiskop van Cesarea en Giovanni Archinto, titulêr aartsbiskop van Filippo, aan as kardinale. 1798 – Franse troepe beset die stad Geneve. Die stad word deur Frankryk geannekseer en bly Frans tot die verbanning van Napoleon. 1833 – Pous Gregorius XVI stel Lorenzo Girolamo Mattei, titulêr patriarg van Antiochië en Castruccio Castracane degli Antelminelli, sekretaris van Propaganda Fide aan as kardinale. 1865 – Andrew Johnson ingehuldig as die 17de President van die Verenigde State. 1912 – Die Titanic sink. 1920 – Anargiste Nicola Sacco en Bartolomeo Vanzetti vermoor volgens bewering twee veiligheidswagte terwyl hulle 'n skoenwinkel beroof. 1923 – Insulien word vir die eerste keer algemeen beskikbaar vir diabeteslyers. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die geallieerde magte begin hul aanval op die Noorweegse dorp Narvik. 1941 – Tydens 'n Duitse lugaanval op Belfast (Belfast Blitz) sterf ongeveer 1000 burgerlikes en ongeveer 100 000 mense (ongeveer 'n kwart van die bevolking) word sonder heenkome gelaat. 1947 – Jackie Robinson maak sy debuut vir die Los Angeles Dodgers bofbalspan, en breek so dié sport se kleurlyn. 1989 – Die Hillsboroughramp, een van die grootste tragedies in Europese sokker. 1994 – Die Marrakesh verdrag word geteken om die wêreldhandelorganisasie te vorm. 1997 – 'n Brand verwoes 'n kamp van Moslems wat die Hajj pelgrimreis meemaak, amptelike sterftes is 343. 2022 – Die FBI verklaar dat die kuberkrakers wat aan die Noord-Koreaanse kubermisdaadgroep, die Lasarus-groep gekoppel is, was verantwoordelik vir die diefstal van VSA$620 van Axie Infinity se Ronin Network in Maart 2022.
Geboortes 1452 – Leonardo da Vinci, Italiaanse wetenskaplike, wiskundige, ingenieur, ontleedkundige, uitvinder, skilder, beeldhouer, argitek, tuinkundige, musikant en skrywer († 1519). 1469 – Ghoeroe Nanak Dev, die stigter van die Sikhgeloof († 1539) 1558 – Hürrem Sultan, vrou van die Ottomaanse Sultan Süleyman die Manjifieke († 1502) 1646 – Christiaan V van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë († 1699). 1684 – Katharina I van Rusland, keiserin van Rusland en vrou van tsaar Pieter die Grote († 1727). 1707 – Leonhard Euler, Switserse wiskundige († 1783). 1832 – Wilhelm Busch, Duitse digter († 1908). 1834 – Thomas François Burgers, 'n teoloog en 'n president van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1881). 1843 – Henry James Amerikaanse skrywer en literêre kritikus († 1916). 1869 – Sarie Maré, die vrou oor wie die eerste versie van die volksliedjie “Sarie Marais” handel († 1939). 1874 – Johannes Stark, Duitse fisikus, Nobelpryswenner († 1957). 1875 – Ina Boudier-Bakker, Nederlandse skryfster († 1966). 1884 – Reenen J. van Reenen, ’n Afrikaanse skrywer en besproeiings-ingenieur († 1935). 1889 – Tom Naudé, politikus en destyds waarnemende Staatspresident van Suid-Afrika (1967–1968) († 1969). 1908 – Lita Grey, Amerikaanse aktrise († 1995). 1912 – Kim Il-sung, Noord-Koreaanse politikus († 1994). 1917 – Hans Conried, Amerikaanse akteur († 1982). 1924 – Neville Marriner, Engelse violis en dirigent († 2016). 1931 – Noreen Berry, Suid-Afrikaansgebore mezzosopraan († 2012). 1931 – Tomas Tranströmer, Sweedse digter en vertaler († 2015). 1933 – Elizabeth Montgomery, Amerikaanse aktrise († 1995). 1938 - Claudia Cardinale, Italiaanse aktrise († 2025). 1940 – Penny Coelen, die eerste Suid-Afrikaner wat die Mej. Wêreldtitel gewen het. 1945 – Dirk Coetzee, mede-stigter en bevelvoerder van die polisie-eenheid op Vlakplaas († 2013). 1949 – Lieb Bester, Suid-Afrikaanse akteur en musikant († 2021). 1950 – Taliep Petersen, Suid-Afrikaanse sanger, komponis en regisseur († 2006). 1950 – Amy Wright, Amerikaanse aktrise. 1957 – Koos Prinsloo, Afrikaanse joernalis en skrywer van postmodernistiese kortverhale († 1994). 1959 – Emma Thompson, Britse akteur. 1959 – Thomas F. Wilson, Amerikaanse akteur. 1960 – Filip van België, sewende koning van België. 1960 – Collins Chabane, Suid-Afrikaanse Minister van staatsdiens en administrasie († 2015). 1966 – Samantha Fox, Britse sanger en fotomodel. 1978 – Waldimar Pelser, joernalis, redakteur van die Afrikaanse Sondagkoerant Rapport. 1990 – Emma Watson, Britse aktrise. 1993 – Burger Odendaal, Suid-Afrikaanse rugbyspeler. 1993 – Jan Serfontein, Springbokrugbyspeler. 1997 – Maisie Williams, Britse aktrise. 2009 – Julia Butters, Amerikaanse kinderaktrise.
Sterftes 69 – Otho, Romeinse keiser (* 32). 1632 – Lord Baltimore, Engelse staatsman en kolonis (* 1580). 1652 – Patriarg Josef van Moskou, sesde Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* onbekend) 1765 – Michail Lomonosof, Russiese Renaissance-man, wetenskaplike en skrywer (* 1711). 1865 – Abraham Lincoln, Amerikaanse politikus, staatsman en 16de President van die Verenigde State (* 1809). 1912 – Edward Smith, kaptein van die RMS Titanic wat op sy nooiensvaart gesink het (* 1850). 1949 – Wallace Beery, Amerikaanse akteur (* 1885). 1980 – Jean-Paul Sartre, Franse filosoof, dramaturg, skrywer, biograaf en aktivis (* 1905). 1990 – Greta Garbo, Sweedse aktrise (* 1905). 1998 – Pol Pot, Kambodjaanse diktator (* 1925). 2010 – Lucas Malan, Afrikaanse digter (* 1946). 2015 – Tadahiko Ueda, Japannese sokkerspeler (* 1947). 2018 – Michael Halliday, Australiese taalkundige (* 1925). 2018 – R. Lee Ermey, Amerikaanse akteur (* 1944). 2019 – Owen K. Garriott, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder (* 1930). 2022 – Liz Sheridan, Amerikaanse aktrise (* 1929).
Vakansies en vierings Die Fordicia is gevier tot eer van Gaia in die Romeinse ryk.
Kategorie:April