16 Maart is die 75ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (76ste in skrikkeljare). Daar volg nog 290 dae. Gebeure 1286 – Pous Honorius IV hef die interdik teen Venesië op. Dit was ingestel deur sy voorganger Pous Martinus IV. 1452 – Keiser Frederik III trou in Rome met Eleonore van Portugal. 1517 – Die vyfde Lateraanse konsilie eindig. 1521 – Ferdinand Magellaan bereik die Filippyne. 1815 – Willem I verklaar homself Koning van die Verenigde Koninkryk van die Nederlande, die eerste grondwetlike monargie in Nederland. 1846 – Die Oorlog van die Byl breek uit op die Kaapse Oosgrens. 1872 – Wanderers F.C. wen die eerste FA-beker, die oudste sokkerkompetisie ter wêreld, 1-0 teen Royal Engineers A.F.C. by The Oval in Kennington, Londen. 1968 – Viëtnamoorlog: Amerikaanse soldate dood 347 burgerlikes in My Lai, Viëtnam. 1978 – Voormalige Eerste Minister van Italië Aldo Moro word in Rome deur die Brigate Rosse (Rooi Brigade) ontvoer. 1984 – Die Verdrag van Nkomati word gesluit tussen die kommunistiese FRELIMO-regering van Mosambiek en die apartheidsregering van Suid-Afrika.

Geboortes 1581 – Pieter Corneliszoon Hooft, Nederlandse digter en historikus († 1647). 1585 – Gerbrand Bredero, Nederlandse digter en dramaturg († 1618). 1750 – Caroline Herschel, Duits-Engelse sterrekundige en sangeres († 1848). 1751 – James Madison, vierde President van die Verenigde State († 1836). 1787 – Georg Simon Ohm, Duitse fisikus en wiskundige, bekend vir Ohm se wet († 1854). 1856 – Napoléon Eugène Louis Bonaparte, seun van Napoleon III sterf later in die Anglo-Zoeloe-oorlog († 1879). 1869 – W.A. Hofmeyr, Afrikaanse kultuurleier en sakeman. Die W.A. Hofmeyr-prys is na hom vernoem († 1953). 1871 – Hans Merensky, Suid-Afrikaanse geoloog, wetenskaplike, omgewingsbewaarder en weldoener († 1952). 1875 – Bruckner de Villiers, Suid-Afrikaanse politikus († 1948). 1889 – Reggie Walker, Suid-Afrikaanse atleet († 1951). 1893 – Isobel Elsom, Engelse aktrise († 1981). 1911 – Josef Mengele, Duitse Nazi-offisier († 1979). 1920 – Alba Bouwer, Suid-Afrikaanse kinderboekskryfster, bekende joernalis en maatskaplike werkster († 2010). 1925 – Cornell Borchers, Duitse aktrise († 2014). 1927 – Wladimir Komarof, Russiese ruimtevaarder aanboord Soyuz 1 († 1967). 1932 – Walter Cunningham, Amerikaanse ruimtevaarder († 2023). 1941 – Bernardo Bertolucci, Italiaanse rolprentregisseur en draaiboekskrywer († 2018). 1950 – Kate Nelligan, Kanadese aktrise. 1953 – Richard Stallman, Amerikaanse aktivis vir vrye sagteware, kuberkraker en programmeerder. 1959 – Tito Mboweni, agtste Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, later tweemalige minister van finansies († 2024). 1972 – Amor Vittone, Suid-Afrikaanse danseres en sangeres. 1970 – Joakim Berg, Sweedse musikant. 1975 – Oksana Fadeyeva, Russiese tafeltennisspeler. 1990 – Ionut Silaghi de Oas, Roemeense sanger, liedjieskrywer.

Sterftes 37 – Tiberius, Romeinse keiser († 42 v.C.). 1864 – Andries Stockenström, luitenant-goewerneur van die Oostelike Provinsie van die Kaapkolonie (* 1792). 1919 – Paul Fromhold-Treu, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1854). 1936 – Marguerite Durand, 'n Franse verhoogaktrise, joernalis, en 'n leidende suffragette (* 1864). 1940 – Selma Lagerlöf, Sweedse skryfster en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde in 1909 (* 1858). 1960 – Nicolaas de Wet, Suid-Afrikaanse politikus, waarnemende goewerneur-generaal en hoofregter (* 1873). 1999 – Hendrik de Wit, Nederlandse sistematiese plantkundige (* 1909). 2005 – Allan Hendrickse, Suid-Afrikaanse politikus, prediker en onderwyser (* 1927). 2011 – Carel Boshoff (III), sendeling en stigter van Orania (* 1927).

Kategorie:Maart