17 Maart is die 76ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (77ste in skrikkeljare). Daar volg nog 289 dae.

Gebeure 45 v.C. – Julius Caesar behaal sy finale oorwinning in die Slag van Munda waar hy die Optimatemagte van Titus Labienus en Gnaeus Pompeius verslaan. 1183 – Pous Lucius III gee kwytskelding aan koning Willem I van Skotland en stuur vir hom die Orde van die Goue Roos. 1560 – Antonio Ghislieri (later Pous Pius V) word biskop van Mondovi en Piëmont. 1756 – Pous Benedictus XIV verklaar Fortis Gabrielli salig. 1861 – Die koninkryk Italië word geproklameer. Victor Emmanuel word koning. 1901 – 'n Uitstalling van 71 skilderye deur Vincent van Gogh veroorsaak 'n opskudding in Parys, 11 jaar na sy dood. 1958 – Vanguard 1, die eerste sonkragaangedrewe satelliet, word gelanseer. Dit is die oudste mensgemaakte voorwerp wat vandag nog in die ruimte is. 1959 – Tenzin Gyatso, die 14de en huidige Dalai Lama, vlug uit Tibet na Indië. 1966 – Die eerste studente word geregistreer aan die Universiteit van Zambië. 1969 – Golda Meir van die Arbeidersparty word die vierde Eerste Minister van Israel. 1970 – 14 Amerikaanse weermagoffisiere word aangekla vir die weerhouding van inligting oor die My Lai-menseslagting. 1992 – Suid-Afrikaanse referendum van 1992 vind plaas. 1996 – Sri Lanka klop Australië in die eindstryd met 7 paaltjies en wen sodoende die sesde Krieketwêreldbeker in Indië, Pakistan en Sri Lanka.

Geboortes 1473 – Jakobus IV, koning van Skotland († 1513). 1794 – Sir Thomas Maclear, Suid-Afrikaanse 'n sterrekundige aan die Kaap die Goeie Hoop († 1879). 1863 – Dr. Frans Engelenburg, Suid-Afrikaanse joernalis en koerantredakteur, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns († 21 Augustus 1938) 1897 – Ferdinand von Sammern-Frankenegg, Duitse SS-bevelvoerder († 20 September 1943). 1919 – Nat King Cole, Amerikaanse sanger († 1965). 1920 – Sheikh Mujibur Rahman, Eerste Minister van Bangladesj in die vroeë 1970's († 1975). 1936 – Ken Mattingly, Amerikaanse ruimtemaan en bevelvoerder van Apollo 16 se beheermodule († 2023). 1938 – Rudolf Nureyev, Russiese balletdanser († 1993). 1939 – Ollie Viljoen, Afrikaanse musikant en storieverteller († 2014). 1949 – Patrick Duffy, Amerikaanse akteur. 1951 – Kurt Russell, Amerikaanse akteur. 1964 – Rob Lowe, Amerikaanse akteur. 1979 – Stormy Daniels, Amerikaanse pornoster, skryfster, en regisseuse. 1982 – Steven Pienaar, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.

Sterftes 45 v.C. – Publius Attius Varus, goewerneur van die Romeinse provinsie Africa gedurende die burgeroorlog tussen Julius Caesar en Pompeius (* datum onbekend). 180 – Markus Aurelius, Romeinse keiser (* 121). 188 – Pous Julianus van Alexandrië, elfde patriarg van die Kerk in Alexandrië (* datum onbekend). 1657 – Johann Baptist Cysat, Switserse Jesuïete-wiskundige en sterrekundige († 1587). 1680 – François de La Rochefoucauld, Franse skrywer (* 1613). 1690 – Patriarg Joachim van Moskou, die negende Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* 1620). 1752 – Jacques-Pierre de Taffanel de La Jonquière, Franse vlootoffisier en goewerneur van die kolonie Nieu-Frankryk in Noord-Amerika (* 1685). 1853 – Christian Doppler, Oostenrykse wiskundige en fisikus (* 1803). 1944 – Sarel Eloff, Boere-kommandant van die ZAR en ’n kleinseun van pres. Paul Kruger (* 1870). 1956 – Irène Joliot-Curie, Franse chemikus en Nobelpryswenner (* 1897). 1957 – Ramon Magsaysay, Filippynse politikus en president (* 1907). 1990 – Capucine, Franse aktrise en model (* 1928). 1993 – Helen Hayes, Amerikaanse aktrise (* 1900). 2007 – Valère Vautmans, Vlaamse politikus (* 1943). 2011 – Michael Gough, Britse akteur (* 1916). 2016 – Larry Drake, Amerikaanse akteur (* 1949). 2019 – Ulf Bengtsson, Sweedse manstafeltennisspeler (* 1960). 2021 – John Magufuli, Tanzaniese president (* 1959). 2026 – Ali Larijani, Iranse politikus, militêre offisier en filosoof (* 1958).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Sint Patricksdag Feesag van Pous Julianus van Alexandrië volgens die Kopties-Ortodokse Kerk.

Kategorie:Maart