13 April is die 103de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (104de in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 262 dae in hierdie jaar.
duimnael|regs|180px|Geboortedag van die Springbok, Schalk Burger.
Gebeure 1055 – Pous Victor II volg Pous Leo IX op. 1059 – Pous Nicolaas II bepaal dat pouse voortaan slegs deur die kardinale van die kerk verkies word. 1111 – Pous Paschalis II kroon Hendrik V as Heilige Romeinse keiser. 1191 – Giacinto Bobone, die verkose Pous Celestinus III, word as priester ingelyf. 1180 – Frederik Barbarossa vaardig die Gelnhausen-handves uit. 1346 – Pous Clemens VI ekskommunikeer die Duitse keiser Lodewyk IV van Beiere. 1519 – Catharina de' Medici, eggenote van Hendrik II van Frankryk († 1589) 1654 – Pous Innocentius X verklaar Sint Bernardine van Feltre salig. 1598 – Koning Hendrik IV van Frankryk verleen godsdiensvryheid aan die Hugenote deur die Edik van Nantes. 1688 – 22 Franse Hugenote kom met die skip Die Voorschoten as vlugtelinge in Saldanhabaai, Suid-Afrika aan. 1737 – Pous Clemens XII verklaar Clare van Montefalco en Michelina van Pesaro (Michelina Metelli) salig. 1791 – Pous Pius VI publiseer Charitas oor die siviele eed in Frankryk en Cum populi teen die burgerlike konstitusie in Frankryk. 1829 – Die Britse Parlement verleen vryheid van geloof aan die Rooms-Katolieke. 1849 – Hongarye word 'n republiek. 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Fort Sumter gee oor. 1873 – Colfax-slagting. 1883 – Alferd Packer word veroordeel weens kannibalisme. 1902 – James C. Penney se eerste winkel word geopen in Kemmerer, Wyoming. 1919 – Die Amritsar-slagting vind plaas. 1941 – Die Sowjetunie en Japan sluit 'n verdrag van neutraliteit. 1957 – Elvis Presley se eerste nommer-een treffer: All Shook Up. 1970 – 'n Suurstoftenk aanboord Apollo 13 ontplof. 1990 – Die Sowjetunie erken die Slagting van Katyn. 1997 – Tiger Woods word die jongste gholfspeler om die Meesterstoernooi te wen. 2023 – Lede van die FBI arresteer Jack Teixeira in Dighton, op aanklagte van een van die mees omvattende openbaarmaking van geklassifiseerde Pentagon dokumente in jare. 2024 – Die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (IRGC) van Iran loods ‘n missiel en hommeluig aanval op Israel.
Geboortes 1519 – Catherina de Medici, koningin van Frankryk († 1589). 1570 – Guy Fawkes, samesweerder teen die Protestantse regering van Jakobus I van Engeland († 1606). 1636 – Hendrik Adriaan van Reede tot Drakestein, krygsman en administratiewe beampte van die VOC († 1691). 1743 – Thomas Jefferson, derde President van die Verenigde State († 1826). 1852 – F.W. Woolworth, sakeman, stigter van Woolworths († 1919). 1860 – James Ensor, Belgiese skilder († 1949). 1886 – Christian Rub, Duitse akteur († 1956). 1892 – Robert Alexander Watson-Watt, uitvinder van radar († 1973). 1901 – Jacques Lacan, Franse psigoanalis († 1981). 1906 – Samuel Beckett, Ierse skrywer († 1989). 1906 – Stella Blakemore, Suid-Afrikaanse skrywer van Afrikaanse jeugboeke († 1991). 1919 – Howard Keel, Amerikaanse akteur, sanger († 2004). 1923 – Don Adams, Amerikaanse akteur en komediant († 2005). 1925 – Michael Halliday, Australiese taalkundige († 2018). 1935 – Lyle Waggoner, Amerikaanse akteur. 1939 – Paul Sorvino, Amerikaanse akteur († 2022). 1945 – Tony Dow, Amerikaanse akteur en regisseur († 2022). 1946 – Ds. Frans Maritz, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n leier in die Sinode van Midde-Afrika († 2003). 1950 – Ron Perlman, Amerikaanse akteur. 1952 – Kerneels Breytenbach, Afrikaanse skrywer. 1963 – Garry Kasparov, Russiese skaakmeester. 1964 – Caroline Rhea, Kanadese aktrise. 1973 – Henry Darger, Amerikaanse skrywer, romanskrywer en kunstenaar (* 1892). 1976 – Jonathan Brandis, Amerikaanse akteur († 2003). 1983 – Schalk Burger, Springbokrugbyspeler.
Sterftes 344 – Simeon, biskop van Persië, word onthoof. 1695 – Jean de La Fontaine, Franse skrywer (* 1621). 1909 – Sir Donald Currie, 'n skeepseienaar en skenker van die Curriebeker (* 1825). 1925 – Elwood Haynes, Amerikaanse uitvinder en pionier van die motorkar (* 1857). 1931 – Sir David Pieter de Villiers Graaff, Suid-Afrikaanse nyweraar en kabinetsminister (* 1859). 1946 – William Henry Bell, Suid-Afrikaanse komponis (* 1873). 1984 – Ralph Kirkpatrick, Amerikaanse klavesimbelspeler en musikoloog (* 1911). 2000 – Giorgio Bassani, Italiaanse skrywer (The Garden of the Finzi-Continis) (* 1916). 2014 – Peter Clarke, Suid-Afrikaane kunstenaar, skrywer en digter (* 1929). 2015 – Günter Grass, Duitse skrywer, beeldhouer, skilder en grafiese kunstenaar (* 1927). 2019 – Tony Buzan, Britse sielkundige (* 1942).
Vakansies en vierings Eerste dag van die Thaise Nuwejaar
Verwysings
Kategorie:April