Die sandsteenbras (Lithognathus mormyrus) is 'n vis wat in die Middellandse See voorkom en aan die weskus van Afrika, rondom die Kaap tot by Mosambiek. Die vis kom meer algemeen aan die wes- en suidkus van Suid-Afrika voor. In Engels staan die vis bekend as die Sand steenbras.

Voorkoms Die vis se kop en lyf is silwerkleurig met 13 - 14 vertikale, nou donker strepe oor die lyf. Die vis word 55 cm lank en 1 kg swaar.

Habitat Die volwasse visse verkies sanderige bodems in water van 10 – 50 m diep terwyl die onvolwasse visse in skole naby die strand of by die mondings van oop strandmere voorkom. Hulle vreet krappe, garnale en slakke. Dit is 'n gewilde eetvis.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Lithognathus-mormyrus.html http://eol.org/pages/204487/overview

Kategorie:Beenvisse