Die Blou-en-goue piesangvis (Caesio caerulaurea) is 'n vis wat voorkom in die Indiese en Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Blue and gold fusilier.

Voorkoms Die vis se kop en lyf is blou-groen op die rug en silwer blou aan die onderkant en pens. Daar is 'n goue band met swart rante om vanaf die bokant van die oog tot by die stertvin se basis. Daar is ook 'n donker band in elke lob van die stertvin. Die vis word 35 cm lank.

Habitat Hulle kom in koraalriwwe voor in water van 10 – 30 m diep. Hulle eet onder andere soöplankton. Hulle vorm groot skole in die dag en kruip weg in die nag in die riwwe.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel Caesio caerulaurea by FishBase.

Kategorie:Beenvisse