Die Geelrug-piesangvis (Caesio xanthonota) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en in die Indiese Oseaan aan die ooskus van Afrika van Somalië tot by Durban. In Engels staan die vis bekend as die Yellowback fusilier.

Voorkoms duimnael|links|'n Geelrug-piesangvis

Die vis is geel op die rug en kop, helderblou in die middel en silwerblou aan die onderkant. Die stertvin is geel. Die vis word 40 cm lank. In die nag is die vis rooi.

Habitat Die vis kom voor in koraalriwwe van 10 – 30 m water.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel Caesio xanthonota by Fishbase.

Kategorie:Beenvisse