Die Blouvel (Polysteganus coeruleopunctatus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Blueskin seabream.

Voorkoms Die vis se kop en lyf is silwer pienk met 'n blou kolletjie op elke skub. Die vis word 60 cm lank en weeg 5 kg.

Habitat Die vis verkies koraal- en rots riwwe in water van 50 – 450 m diep. Daar is bloedweinig bekend omtrent die vis se voortplanting.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Polysteganus-coeruleopunctatus.html http://eol.org/pages/213637/overview

Kategorie:Beenvisse