Die Duitser (Polyamblyodon germanum) is 'n seevis wat endemies is aan Suid-Afrika en voorkom van Algoabaai tot by Maputo. In Engels staan die vis bekend as die German seabream.

Voorkoms Die vis se lyf is grysblou tot bronserig, terwyl die buik ligter en die vinne donkerder is. Die vis word 50 cm lank.

Habitat Die vis verkies koraal- en rotsriwwe in water van 15 – 50 m diep. Dit is 'n gewilde eetvis. Daar is weinig bekend omtrent die vis se voortplanting.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Polyamblyodon-germanum.html http://eol.org/pages/223700/overview

Kategorie:Beenvisse