Die Slinger (Chrysoblephus puniceus) is 'n vis wat slegs aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom. In Engels staan die vis bekend as slinger seabream.

Voorkoms Die vis is roserig of pienk van kleur met 'n blou strepie onder elke oog. Dit kan tot 40 cm lank word en weeg dan 4 kg.

Habitat Die vis kom voor in koraal- en rotsriwwe in water wat 20 –130 m diep is. Hulle word ook gesien saam met die Selakant by Sodwanabaai. Die onvolwasse vissies kom water wat 12 – 60 m diep is voor. Hule eet krappe, garnale, vis en soöplankton. Die wyfies skiet kuit gedurende die somer aan die KwaZulu-Natal kuslyn.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Chrysoblephus-puniceus.html http://eol.org/pages/213854/overview

Kategorie:Beenvisse