Die Kleiner sandkruiper (Rhinobatos annulatus) is 'n haai wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. Dit is geelbruin tot bruin met donkerbruin kolle. Dit is 'n bodembewoner. Die haai word 1.2 m lank en 28 kg swaar. Die haai word ook 'n 'sandhaai' genoem. In Engels staan die haai bekend as die Lesser sandshark.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. . Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. .
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Rhinobatos-annulatus.html
Kategorie:Haaie