Die heuningkoekpylstert (Himantura uarnak) kom aan die ooskus van Suid-Afrika voor. Dit het sy naam gekry van die feit dat die patroon op sy bokant soos 'n heuningkoek lyk. Die vis word 2 m breed en 120 kg swaar. Die stert kan tot drie keer die lengte van die lyf word. Dit is 'n bodembewoner en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. In Engels staan die pylstert bekend as die Honeycomb stingray.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. . Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. .

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Himantura-uarnak.html

Kategorie:Rôe