Die katgesigklipkabeljou (Epinephelus andersoni) is 'n vis wat slegs aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf die Transkei tot by Maputo voorkom. Die vis is bruin met donker kolle op sy lyf. Dit word tot 80 cm lank en weeg dan 8 kg. Die vis kom voor in grotte en openinge in rotsagtige gebiede en rotsriwwe tot so diep as 70m. In Engels staan die vis bekend as Catface rockcod en Spotted rockcod.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Epinephelus-andersoni.html
Kategorie:Beenvisse