Die bandietdoktervis (Acanthurus triostegus) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf die Transkei. Die vis is dofgrys van kleur met ses vertikale swart strepe oor die lyf. Dit kan tot 25 cm lank word. Dit leef in vlak koraal- en rotsriwwe. In Engels staan die vis bekend as die convict surgeon.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Acanthurus-triostegus.html

Kategorie:Beenvisse