Die walvishaai (Rhincodon typus) is 'n haai wat wêreldwyd in tropiese en subtropiese water voorkom. Hulle kom ook seisoenaal aan die ooskus van Suider-Afrika voor. Hulle kan tot 15 m lank word en 30 ton weeg. Dit is die grootste vis in die wêreld (egte walvisse, wat groter is, is soogdiere) en word deur die IUBN as 'n kwesbare spesie geklassifiseer. In Engels staan die haai bekend as die Whale shark.
Voorkoms Die haai het wit kolle en lyne op die boonste gedeelte van sy liggaam. Die kop is stomp en plat en die bek is groot. Dit swem met 'n oop bek en filtreer die water om plankton, klein vissies en inkvisse te onttrek. Die vis kom in die oop see voor en is skadeloos.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van Suider-Afrikaanse varswater visfamilies Lys van Suid-Afrikaanse visfamilies
Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Rhincodon-typus.html
Kategorie:Haaie