Die skeurtandhaai (Carcharias taurus) is 'n haai wat aan die hele Suid-Afrikaanse kus voorkom alhoewel dit skaars is aan die weskus. In Engels staan die vis bekend as die ragged-tooth shark. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. In Engels staan die haai bekend as die Spotted raggedtooth shark.

Voorkoms Die kop en lyf is bruinerig of grys aan die bokant met donker kolle en is wit aan die onderkant. Die haai het twee dorsale vinne. Dit word 3,2 m lank en weeg sowat 290 kg. Die haai is 'n bodembewoner en gewoonlik nie gevaarlik nie.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne

First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Carcharias-taurus.html

Kategorie:Haaie