Die Heuningkoekbontpaling (Gymnothorax favagineus) is 'n vis wat slegs aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom vanaf die Transkeise Wildekus noordwaarts. Die paling se kleur is liggeel met 'n heuningkoekpatroon en hy kan tot 1.5 m lank word. Dit woon in gate en grotte in koraal- en rotsriwwe, en sy kop steek dikwels by die gat uit waarin dit woon.
In Engels staan die vis bekend as Reticulated moray.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Gymnothorax-favagineus.html
Kategorie:Beenvisse