Die osoog-tarpon (Megalops cyprinoides) is 'n vis wat slegs aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom en is seldsaam suid van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Oxeye tarpon.

Voorkoms Die vis se lyf is slank en dun. Die dorsale vin se laaste straal is lank en die stertvin is diep gevurk. Daar is geen skubbe op die kop nie, die oë en die bek is groot. Die vis het klein tande. Die vis is silwer van kleur. Dit kan tot 60 cm lank word en weeg dan 3 kg.

Habitat Die visse broei in die see en beweeg dan later na die kus waar hulle gevind word in riviere en getymondings. Die onvolwasse visse leef saam in varswater en vreet plankton. Die volwasse visse vreet vis, inseklarwes en garnale. Die Osoogtarpon is een van die min seevisse wat lug inasem, hulle beweeg gereeld na die oppervlaktte vir lug. Die swemblaas is aangepas hiervoor.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel Megalops cyprinoides by FishBase

Kategorie:Beenvisse