Die Suidelike pompano (Trachinotus africanus) is 'n vis wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom. Die vis is silwerig van kleur met dofgeel vinne. Dit kan tot 90 cm lank word en weeg dan 15 kg. Die vis kom voor in vlak kuswaters naby rotsriwwe en banke.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van visfamilies
Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Eksterne skakel Trachinotus africanus by FishBase.
Kategorie:Beenvisse