Die Gespikkelde katonkel (Scomberomorus plurilineatus) is 'n vis wat aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom. Die vis is lenig en silwerblou met vele donker dwarsstrepe en vlekke op die sye. Dit kan tot 1.2 m lank word en weeg dan 10 kg. Dit kom net agter die branders voor. Dit is 'n gewilde sportvis en uitstekende tafelvis. Die vis word ook die Natal snoek genoem en staan in Engels bekend as die Queen mackerel.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Scomberomorus-plurilineatus.html
Kategorie:Beenvisse