Die Kaapse tongvis (Heteromycteris capensis) is endemies aan Suid-Afrika en kom voor aan die wes- en suidkus tot by die Transkei. In Engels staan die vis bekend as Cape Sole.
Voorkoms Die vis is klein en bruin met donker kolle op. Die vis het geen borsvinne nie terwyl die rug- en anale vinne nie deel van die stertvin is nie. Dit is 'n bodembewoner wat in vlak sanderige water voorkom. Daar is drie dowwe kolle op die sylyn. Die vis word 15 cm groot.
Habitat Die vis leef in vlak water en die onvolwasse vissies kom voor in strandmere.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Heteromycteris-capensis.html
Kategorie:Beenvisse