Hoërskool Jeugland is 'n openbare Afrikaans-medium sekondêre skool wat in Kemptonpark (aan die Oos-Rand) geleë is. Die skool se leuse is Vry, maar aan jou gebonde.TV-program: Skole Top 10 - Jeugland, kykNET, heruitsending op 10 Mei 2015 Skoliere verwys na hulleself as Jeugies.
Die skool is op 31 Julie 1971 gestig met 200 leerders, wat aangegroei het tot 1 200 leerders in 2015. Die skoolhoof in 2010 was Mnr. George de la Hunt, wat ongelukkig in 2011 oorlede is. In 2015 is die hoof Dr. David Morris, die hoofseun is Armand Wessels en die hoofmeisie Megan Heath.
Eksterne skakels Hoërskool Jeugland se amptelike webtuiste
Verwysings
Kategorie:Kemptonpark Jeugland, Hoerskool