Die potvis (Physeter macrocephalus) is 'n walvis wat aan die hele Suid-Afrikaanse kuslyn voorkom, maar meer in die oop see. Die soogdier is die grootste van die getande walvisse en het 'n enorme, vierkantige kop. Die rugvin is 'n driehoekige boggel. Die bul word tot 18 m en die koei 12 m lank en hulle kan tot 60 ton weeg. Die walvis verkies die warmer waters en is 'n ongelooflike duiker. Hy kan tot een kilometer diep duik en 'n uur lank onder water bly. Daar is olie in die kop wat eens op 'n tyd gebruik was as 'n smeermiddel. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Eksterne skakels
Kategorie:Walvisagtiges