Die Gewone Dolfyn (Delphinus delphis) is 'n dolfyn wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. Die soogdier word uitgeken aan 'n figuur-8 patroon op elke sy, soms met 'n geel tint. Die soogdier leef in skole en verkies vlak water. Die Gewone Dolfyn kan 'n spoed van tot 20 knope haal.

Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007

Verwysings

Kategorie:Dolfyne