Pius IX was die 255ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 31 jaar, 11 maande en 23 dae, van 1846 tot 1878. Na Petrus (35 jaar) was hy die langsregerende pous tot dusver (2016).
Onder Pius IX kom die wêreldlike mag van die pous tot 'n einde. Die Rooms-Katolieke Kerk verloor die bestuur oor die hele Kerklike Staat ingesluit die stad Rome aan die nuwe koninkryk Italië. Vanaf 1870 beskou Pius homself as die gevangene van die Vatikaan en weier hy alle samewerking met die Italiaanse staat.
In 1854 kondig Pius IX die dogma van die Onbevlekte Ontvangenis van Maria af. As hoof van de Kerk roep Pius die Eerste Vatikaanse Konsilie (1869–1870) byeen, waarop die onfeilbaarheid van die pous as dogma goedgekeur word. Tydens sy lang pontifikaat word 206 nuwe bisdomme opgerig.
In die jaar 2000 word Pius deur Pous Johannes Paulus II salig verklaar. Dit het baie kritiek uitgelok veral omdat sy houding jeens die Jode nie onomstrede was nie.
Biografie Jeug en roeping Pous Pius IXDe Montor, Artaud, Chevalier de. 1911. The Lives and Times of the Popes. The Catholic Publications Society, New York. is gebore as Giovanni Maria Mastai-Ferretti op 13 Mei 1792 in Senigallia, Hertogdom Urbino. Giovanni was die negende kind uit die huwelik van graaf Girolamo Mastai-Ferretti en Caterina Solazzei di Fano. Die familie Mastai-Ferretti kom oorspronklik uit Lombardye maar het hulle in Senigallia in die hertogdom Urbino gevestig. Giovanni se vader was daar burgemeester van die stad.
Na die laerskool kry Giovanni sy opleiding aan die Collegio Scolpii in Volterra, 'n skool onder leiding van die Piariste. Tydens sy studie blink Giovanni uit in wiskunde.Life of Pius IX, John R.G. Hassard, 1878, The Catholic Publication Society Co., bl. 10
duimnael|upright|Pius VII Pous Pius VII het groot invloed op Giovanni gehad, daarom kies hy die pousnaam Pius.
In 1808 begin Giovanni filosofie en teologie in Rome studeer. Hy bly by sy oom Paolino Mastai-Ferretti wat aan die pouslike hof werk. Die posisie van die Kerk staan in die tyd swaar onder druk. Pous Pius VII is nes sy voorganger Pous Pius VI deur Napoleon Bonaparte gevange geneem, na Frankryk gebring en in die kasteel van Fontainebleau aangehou. Ook Giovanni se oom Paolino word uit Rome verdryf, en 'n ander oom, Andrea Mastai-Ferretti, biskop van Pesaro,Andrea Mastai-Ferretti, www.catholic-hierarchy.org – is gevange gehou in Mantua, omdat hy die Franse regering nie wou erken nie.Life of Pius IX, bl. 13 Weens veiligheidsoorwegings besluit Mastai-Ferretti daarom om terug te keer na Senigallia.
In 1814 keer Giovanni terug naar Rome, waar hy aanvanklik vra om toegelaat te word tot die Nobelgarde, 'n leëreenheid opgerig deur Pous Pius VII ter beskerming van die pous. Sy aansoek word geweier omdat hy aan epilepsie ly.
Vervolgens studeer hy aan die Accademia Ecclesiastica, waar diplomate vir die Vatikaan opgelei word. As deel van sy studie help hy met die heropbou van die Kerk in Rome en Senigallia. Op 18 Desember 1818 word Giovanni georden tot subdiaken.Life of Pius IX, bl. 14 Daar word beweer dat hy gedurende die periode Vincentius Pallotti (wat later heilig verklaar is) ontmoet het. Pallotti het glo voorspel dat Giovanni pous sou word en dat sy epilepsie genees sou word deur die toedoen van die Maagd van Loreto.Verkorte biografie van Pius IX, www.vatican.vaGiovanni sou in die periode ook na Loreto op bedevaart gegaan het.
Op 10 April 1819 word Giovanni Mastai-Ferretti priester gewy. Weens sy epilepsie moes hy toestemming van die pous kry om priester te word. Giovanni wend hom regstreeks tot Pous Pius VII. Die pous gee sy toestemming en wens hom toe dat sy siekte hom nie meer sou teister nie. Giovanni mog egter slegs die mis opdra as hy bygestaan word deur 'n ander priester.Life of Pope Pius IX, bl. 15Klaus Schatz, 'Pius IX', in: Das Papsttum II [=Gestalten der Kirchengeschichte 12] (Stuttgart: Kohlhammer, 1984), bl. 184–202.
Na sy priesterwyding word Giovanni aangestel as spiritueel direkteur van die weeshuis “Tata Giovanni” in Rome. Die weeshuis is opgerig deur 'n arm arbeider Giovanni Borgi, wat hom ontferm het oor die straatkinders van Rome. Hy het hulle in sy eie huis onderdak gebied en vir hulle skoolgehou.Life of Pius IX, bl. 16 Giovanni Mastai-Ferretti was al in die periode 1814–1818 aktief betrokke by die weeshuis en het onder andere godsdiensonderrig aan die kinders gegee. Giovanni het sy eerste mis opgedra in die Santa Anna dei Falegnami-kerk, wat naby die weeshuis was.
Epilepsie Giovanni het aan 'n vorm van epilepsie gely waarvan die oorsprong waarskynlik gelê het in 'n aangebore beskadiging van die sentrale senuweestelsel of by 'n ongeluk tydens sy jeug toe hy amper verdrink het.NCBI Navorsers van die Mayo Clinic in Phoenix, Arizona, in samewerking met die Library of Congress en die Biblioteek van die Vatikaan, het ondersoek in hoe 'n mate die epilepsie 'n rol gespeel het by die besluitvorming en optrede van Pius IX. Omdat mediese dossiers nie bestaan nie, moes hulle hulle gevolgtrekkings baseer op oorlewering en fotomateriaal. Seizures Among Public Figures: Lessons Learned From the Epilepsy of Pope Pius IX, Joseph I. Sirven, MD, Joseph F. Drazkowski, MD and Katherine H. Noe, MD, PhD, Mayo Clinic Proceedings, Desember 2007, vol. 82 no. 12, 1535–1540 Sommige gevolgtrekkings was opmerklik: Epilepsie sou Giovanni na die pousskap gelei het en sou ook 'n invloed gehad het op die dogma van die Onbevlekte Ontvangenis van Maria, omdat Giovanni geglo het dat hy deur haar inspraak van sy epilepsie genees is.
Of Pius IX medisyne teen epilepsie gebruik het kon nie bevestig word nie. Hulle wys egter daarop dat 'n anti-epilepsie middel wat in die tyd gebruik is, nl. kaliumbromide, kon bydra tot die bewaring van sy liggaam na sy dood. By sy herbegrafnis was die liggaam nog in goeie staat.
In die Epilepsie Museum in Kork, Duitsland, is Pius IX opgeneem in 'n lys van beroemde persone wat aan epilepsie gely het.Epilepsie Museum, Kork, Duitsland
Sending na Chili In 1823 vra Joseph Ignatius Cienfuegos, aartsdiaken van die katedraal van Santiago de Chile, Chili, aan die pous om 'n sending na die Suid-Amerikaanse land te stuur om te help om die kerklike hiërargie daar te herstel. Die land was in 'n stryd om onafhanklikheid met sy voormalige koloniale moederland, Spanje, gewikkel. Spanje het enige vorm van selfbestuur geweier. Chileense biskoppe het of wel na Spanje teruggekeer of is oorlede en baie bisdomme was vakant. Die Vatikaan het geen diplomatieke of kerklike betrekkinge met die nuwe republiek gehad nie.The Life of Pope Pius IX and the Great Events in the History of the Church during his pontificate, bl. 34Hoewel Chili op 12 Februarie 1818 amptelik onafhanklik geword het, het Spanje die onafhanklikheid eers 1846 erken. (Catholic Encyclopedia)
Giovanni Muzi, titulêr-aartsbiskop van Philippi, is aangestel as die apostoliese verteenwoordiger en Giovanni Mastai-Ferretti word aan die sending toegevoeg op aandrang van kardinaal-staatsekretaris Ercole Consalvi. Die sending ondervind reeds van die begin af probleme. Hulle skip word op pad na Chili in die hawe van Palma de Mallorca op die Spaanse eiland Majorka aangehou en die kerklike verteenwoordigers word deur die Spaanse outoriteite ondervra oor die doel van hulle reis.The Life of Pope Pius IX and the Great Events in the History of the Church during his pontificate, bl. 32 Na 'n kort gevangeskap mag hulle verder reis en op 31 Desember 1823 kom die sending aan in Buenos Aires, Argentinië om van daaruit oor land na Chili te gaan.
Hoewel die Chileense bevolking die delegasie uit Rome warm onthaal, is die regering baie skepties oor die inmenging van die Vatikaan. In 1824 neem die Chileense regering maatreëls om die posisie van die Kerk te ondermyn; priesters is in diens van die staat gestel, kerklike besittings genasionaliseer en kloosters is toegemaak. Chile, Catholic Encyclopedia, 1913 Op 5 Junie 1825 keer die delegasie terug na Italië sonder enige resultaat.The Life of Pope Pius IX and the Great Events in the History of the Church during his pontificate, bl. 40
Na sy terugkeer uit Chili word Giovanni deur Pous Leo XII aangestel as kanunnik van Santa Maria in Via Lata en benoem tot direkteur van die Ospedale San Michele. Die instelling is in 1693 opgerig deur monseigneur Odescalchi, 'n neef van Pous Innocentius XII en was 'n toevlugsoord vir weeskinders en ou manne en vroue wat in die prostitusie werksaam was. Weens wanbeleid het die Ospedale tekort aan inkomste gehad, iets wat Giovanni in korte tyd reggestel het.The Life of Pope Pius IX and the Great Events in the History of the Church during his pontificate, bl. 41
Aartsbiskop en kardinaal Op 21 Mei 1827 word Giovanni benoem tot aartsbiskop van Spoleto, en vervolgens ook tot assistent by die Pouslike Troon op 1 Junie. Hy is tot biskop gewy op 3 Junie 1827 in die Romeinse kerk San Pietro in Vincoli deur kardinaal Francesco Saverio Castiglioni, later Pous Pius VIII.
Giovanni word benoem tydens 'n periode van groot sosiale en politieke onrus. Tydens die Franse Rewolusie en die daaropvolgende besetting van Italiaanse gebiede deur Franse troepe het die verlange gegroei vir Italiaanse eenwording en stigting van'n Italiaanse staat, vry van buitelandse inmenging en kerklike bestuur. Verskillende groepe, waarvan die Carbonari die bekendste was, het hulle verset teen die invloed van Oostenryk. Oostenryk het die noordelike deel van Italië as hulle grondgebied beskou en was ook 'n trou bondgenoot van die Kerklike Staat. Omdat die Kerklike Staat nie 'n groot leër gehad het nie, was die staat afhanklik van die steun van buitelandse magte.
Spoleto was een van die sentra van die rewolusionêre groepe. Giovanni sien dit as sy taak om die verbinding met die Vatikaan te herstel. Gebaseer op sy ervaring in Rome, besluit hy om die welsyn van sy gelowiges te verbeter. Hy het weeshuise opgerig waar weeskinders opgelei is vir verskillende beroepe.The Life of Pope Pius IX and the Great Events in the History of the Church during his pontificate, bl. 44
In Februarie 1831, net na die verkiesing van Pous Gregorius XVI, loop die spanning in Italië weer hoog op, beginnende in Romagna. Weens die sterk antikerklike karakter van die opstand besluit Giovanni Mastai-Ferretti uit Spoleto te vlug.Life of Pius IX, bl. 27 Toe dit duidelik word dat Pous Gregorius XVI steun kry van die Oostenrykse troepe keer Giovanni terug na sy aartsbisdom, en gaan voort om die belange van die inwoners te beskerm. Agtervolg deur die Oostenrykers neem die rebelle, wat hulle teen die pouslike mag verset het, hulle toevlug na Spoleto. Deur bemiddeling van Giovanni word die rebelle ontwapen maar die Oostenrykers het geen wraak geneem teen die rebelle nie.The Life of Pope Pius IX and the Great Events in the History of the Church during his pontificate, bl. 46 Giovanni Mastai-Ferretti se opvatting oor die vervolging van die rebelle word deur die volgende verhaal geïllustreer. Toe die polisie 'n lys met die name van die kopstukke van die rebellie opgestel het om aan die pous voor te lê, is die lys eers aan Giovanni gewys. Giovanni het glo gesê: “U begryp nie u beroep of myne nie. Wanneer die wolf die skape wil verslind, waarsku hy nie die herder nie.” Daarna gooi hy die lys in die vuur.The Life of Pope Pius IX and the Great Events in the History of the Church during his pontificate, bl. 47
Op 17 Desember 1832 word Giovanni deur Pous Gregorius XVI verplaas na die bisdom Imola, waarvan hy op persoonlike titel aartsbiskop word. Ook vir die bisdom was reorganisasie die hoogste prioriteit. Op inisiatief van Giovanni is hospitale en 'n weeshuis gebou, kerke gerestoureer en 'n voorbereidende seminarie opgerig waar manne van minder gegoede afkoms hulle opleiding tot priester kan begin.The Life of Pope Pius IX and the Great Events in the History of the Church during his pontificate, bl. 49