200px Lucas Cranach die Ouere
Duitse skilder
Kunsstroming Duitse Renaissance
Beduidende werke 160px Portrette van Martin Luther160pxDie Goue Tydperk
Handtekening 160px Lucas Cranach die Ouere (* omstreeks 1472 in Kronach, Oberfranken as Lucas Müller of Lucas Sunder - Cranach as van verwys na sy geboortestad wat destyds as Kranach of Cranach gespel is; † 16 Oktober 1553 in Weimar) was een van die beduidendste Duitse skilders en grafiese kunstenaars van die Renaissance wat hom ook as boekdrukker, politikus (raadslid en burgemeester) en sakeman bekwaam het - onder meer deur sy eie kunswerke suksesvol te bemark.Cranach Digital Archive: Lucas Cranach der Ältere. Besoek op 22 Augustus 2020Deutsche Welle (dw.com), 8 April 2017: Lucas Cranach der Ältere: Der Maler als Marke. Besoek op 22 Augustus 2020 Hiervoor het sy eie handelsmerk ontwerp wat aan die onderkant van al sy sowat 500 werke verskyn - 'n slangetjie met twee vlermuisvleuels, 'n robynring in sy mond en 'n kroon op sy kop. Van 1505 af het hy as hofskilder aan die keurvorstelike Saksiese hof onder Frederik III, Johan van Sakse en Johan Frederik I gedien. Naas 'n groot verskeidenheid altaarkunswerke en allegoriese skilderye het Cranach en sy medekunstenaars in sy ateljee ook talle portrette van sy werkgewers asook van die hervormers Martin Luther en Philipp Melanchthon. Die Cranach-ateljee, waar na raming sowat 5 000 skilderye ontstaan het, is later deur sy gelyknamige seun Lucas Cranach die Jongere oorgeneem.
Verwysings
Eksterne skakels
Algemene inligting
Cranach Digital Archive Cranach Digital Archive
Kategorie:Duitse skilders Kategorie:Geboortes in 1472 Kategorie:Sterftes in 1553