Die Boggelrugdolfyn (Sousa plumbea) is 'n dolfyn wat voorkom langs die ooskus van Suid-Afrika vanaf Port Alfred. Die soogdier word herken aan die boggel op die rug en klein rugvin. Die dolfyn kom voor in vlak water naby die kus. Die bul word tot 2.8m lank en weeg 260 kg terwyl die koei 2.4m lank word en 170 kg weeg. Die spesie is minder speels as ander; dit ry selde branders of volg skepe.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Bron Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Kategorie:Dolfyne