Die Koperhaai (Carcharhinus brachyurus) kom langs die hele kuslyn van Suid-Afrika voor tot by Kaap Vidal. Die haai is bruingrys tot koper aan die bolyf en wit onder. Die haai kom altyd redelik naby die kus voor. Hy kan maklik verwar word met die gryshaai. Die haai word tot 3 m lank en 242 kg swaar. In Engels staan die haai bekend as Copper shark.
Wêreldwye verspreiding Wes-Atlantiese Oseaan: Meksiko, die Golf van Meksiko, Brasilië en Argentinië.
Oos-Atlantiese Oseaan: Vanaf Frankryk, insluitend die Middellandse See, suidwaarts en rondom die kus van Suider-Afrika aan die sentrale KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Stille Oseaan: Japan na Nieu-Seeland, die suide van Kalifornië, VSA, in die Golf van Kalifornië tot in Meksiko en Peru.Koperhaai op Fishbase
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Verwysings Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Kategorie:Haaie