Die Haaisuier (Echeneis naucrates) is 'n vis wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom. Die vis is lenig met swart en wit strepe wat van die bek tot by die stert loop. Dit het 'n ronde suier aan die bokant van sy kop waarmee die vis aan haaie of mantas kan vassuig. Sodoende benut die vis 'n 'saamrygeleentheid'. Die verhouding word simbiose genoem. Dit kan tot 1m lank word en weeg dan 3.4 kg. Hulle word soms 'n platkop of suigvis genoem en in Engels staan die vis bekend as die Shark remora.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Echeneis-naucrates.html

Kategorie:Beenvisse Kategorie:Simbiose