links|duimnael|Koffervis te Taba, Rooisee.

Die Koffervis (Ostracion cubicus) is 'n vis wat slegs aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom en wel vanaf die Transkei. In Engels staan die vis bekend as die Boxy.

Voorkoms Dit is 'n vierkantige vis wat soos 'n boks lyk. Onvolwassenes is geel met swart kolle. Volwasse wyfies is geel met wit kolle wat swart rande het terwyl die mannetjies olyfkleurig tot blou is met wit kolle en donker rande.

Habitat Die vis kom voor in vlak rots- en koraalriwwe en word 45 cm groot. Die Koffervis skei 'n gifstof af wanneer hy bedreig word.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Ostracion-cubicus.html

Kategorie:Beenvisse