Pienaarsrivier is 'n klein dorpie en spoorweghalte noord van Pretoria in die Limpopo-provinsie, Suid-Afrika. Die dorpie lê langs die rivier met dieselfde naam. Die hoofspoorlyn na Polokwane (Pietersburg) het die dorpie in 1896 bereik. Hier is ook 'n takspoorlyn na Marble Hall. Die N1 nasionale pad gaan naby die dorpie verby.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Die rivier: Pienaarsrivier

Verwysings

Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Nedersettings in Limpopo